Hoe weet ‘hulle’ dit?
Julle moes dit al beleef het. Jy en jou maat gesels oor ’n nuwe afdak om die hitte bietjie hok te slaan, en die volgende ding is daar ’n pop-up-advertensie op jou sosiale media feed of in jou inbox van iemand wat dit aan jou wil verkoop.
Nou die dag kuier ons huisgas se ma by ons, en die volgende ding sien ek op Facebook sy is dalk iemand wat ek ken al het ek nog nooit ’n nommer of enige boodskap met haar uitgeruil nie.
Creepy.
Want hoe weet ons tegnologie dit? Hulle – wie ook al hulle mag wees – moet ons tog seker afluister, of hoe? Nie eens gepraat van wat hulle alles op jou search history kan op spioeneer nie.
So, hoe gaan hulle te werk om jou inligting te myn? Ek besef Google weet al baie oor jou, en blykbaar het hulle iets in die lyn van ’n virtuele dossier oor jou lewe.
Wanneer jy na iets soek, teken Google iewers ’n nota daarvan aan en skep ’n verslag van jou belangstellings en prioriteite. As jy jou liggingdienste gebruik, hou hulle elke beweging van jou dop – wat natuurlik handig is vir plaaslike wenke, maar ook ietwat ’n rede tot kommer is, of hoe?
Dan is daar jou toep-gewoontes wat ook onder Google se wakende oog is. Hulle weet watter toepassings jou besig hou, hoe lank jy daaraan bestee het en waarna jy kyk. YouTube, Google se baba, so ook Facebook en Insta, hou jou video-binges dop, en help om “aanbevelings” te maak oor wat hulle dink jy gaan van hou.
Het jy al ooit op ’n advertensie-skakel gekliek? Google onthou dit ook. Hulle hou jou advertensie-interaksies dop, vind uit wat jou aandag trek en pas toekomstige advertensies daarby aan. As jy ’n Gmail-rekening het, sal jy waarskynlik ook al weet dat Google jou e-posse kan deurgaan om slimantwoorde en geteikende advertensies vir jou op te dis.
Hulle sit hulle hand op die Bybel dat hulle nie jou diepste geheime afluister nie, maar, jy weet, die algoritme kyk altyd.
Nog iets wat hulle kan gebruik is jou toestelbesonderhede – die maak, model en bedryfstelsel – dis alles op Google se radar. En as jy die outjie is wat tot Google Maps bydra met resensies, foto’s of inligting – geluk; jy dra by tot die Google-kennisbank.
Het jy onlangs met Google Assistant gesels? Die stemopdragte wat jy gee, word gestoor sodat Google jou volgende keer “beter” kan help. Jy kan hierdie opnames uitvee, maar dit is nogal erg dat hulle jou gesprekke dophou.
Google dra natuurlik ook kennis van jou voorkeure, soos taalverstellings en gunsteling-nuusonderwerpe, want sien, hulle wil die aanlyn wêreld spesifiek vir jou aanpas.
So, Google ken die hoogte- en laagtepunte van jou aanlyn lewe. Alhoewel hulle sê dis ter wille van ’n beter gebruikerservaring en dit dienste verpersoonlik, laat dit mens nogal wonder oor hoe jy persoonlike dinge met ’n robot wil deel.
Dis eintlik maar soos om ’n nuuskierige maar behulpsame vriend te hê – jy moet net besluit hoeveel jy wil hê hy of sy moet weet!
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie