Hoeveel leeftye kan jy in een inpas?
Hierdie afgelope naweek staan ek agter in die vertrek en probeer my lens deur al die ander deur mik om ’n foto van ons nuwe president te kry.
Ek het die dag voor dit in die ateljee elke liewe bekommernis oor hierdie nuwe president gedeel.
Eerste op my lys was dat president Netumbo Nandi-Ndaitwah meer vrou as president sou wees – dat haar vrouwees ’n etiket sou wees wat aan elkeen van haar mislukkings sou kleef en sy op ’n punt haarself agter hierdie deel van haar identiteit sal skaar wanneer die kritiek kom.
Ek dink toe terug aan Namibië se eerste president wat net ’n paar weke gelede by die Heldeakker ter ruste gelê is – hoe baie water het nie al onder die brug geloop sedert daardie dag nie?
Letterlik – die hemele het oopgemaak oor Namibië. Damme het dag na dag net voller geword.
Sound Garden op Swakopmund se toekoms het verduister, robbulle word vir hul geslagsdele geoes, die jeugraad se tameletjie het nog taaier geword, daar is vir die NBC nee gesê en die NBC het gevolglik ’n hof gevra om namens hulle vir die parlement nee te sê, Namibië het sy eerste groen waterstof vervaardig, die ACC het sy vergrootglas op die uitvoerende hoof van die Lüderitz Waterfront-ontwikkeling en nog wat.
En in die middel van dit alles sit die koerantmense. Wat ’n voorreg is dit nie!
Daar is min loopbane waarin jy kan weet dat jy met jou laaste asem sal tevrede wees dat jy ’n vol lewe gelei het.
In watter ander beroep sou ek kon kyk hoe die eerste president se oorskot na sy laaste rusplek geneem word en twee weke later sien hoe die vyfde president ingesweer word.
Dit maak nie saak wat hierna gebeur nie – ek was daar, met my kamera in my hand. Ek het met my eie twee oë gesien en kon self die vertrek se gevoel lees.
Veral in ’n tyd wanneer koerantmense nie meer net koerantmense is nie. Jy is nou joernalis, fotograaf, videograaf, aanbieder, sportkommentator en ’n videoredigeerder. Dit word by tye mal, maar wat ’n voorreg is dit nie om meer te kan wees as wat ek 20 jaar gelede in hierdie beroep sou wees nie?
Die Engelse praat van “jack of all trades, but a master of none”, as ’n waarskuwing vir daardie siele wat soos ek alles wil beleef voor daardie laaste asem uitgeblaas word.
Hulle versuim egter om jou in te lig dat daardie gesegde nog ’n stertjie het, wat ons van vergeet het. Die volle gesegde is “jack of all trades, but a master of none is still better than a master of one”.
Wat ’n voorreg om daardie “jack of all trades” te kan wees. Om te weet dat ek enige vaardigheid kan aanleer, nes ek elkeen van die ander wat reeds in my steek moes aanleer. En nog ’n groter voorreg is dit om te kan besig bly – dat ek eendag aan die einde van hierdie lewe kan sê ek het vyf leeftye in hierdie enkele een ingepas.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie