Hoofstad pure plaas
SMN 30 jaar gelede
Chris Jacobie – Is daar ’n geheime plan met Windhoek?
Soos om van Namibië se hoofstad – en een van die laaste juwele in Afrika – ’n plaas te maak?
Daar is reeds soveel tekens dat die afleiding nie so vergesog is as wat dit van die oog af lyk nie.
Lyk die leë konkas, mense wat lands die pad water afslaan en die pale sonder drade nie reeds soos die digbevolkste plaas in die wêreld nie?
Is daar mense wat sê dit lyk nog nie regtig so nie?
Verlede naweek was die hele stad kragloos.
Sonder elektrisiteit. En net soos op die plaas was die kragopwekker se gedreun in die verte ’n herinnering van die afstand tussen die plaas en die beskawing.
Die periodieke hoenderkraai en geblêr van ’n bok in die agterplaas het trane in my oë gebring oor die dae op Kromdraai in die Suidoos-Transvaal toe agterplaasboerdery ’n noodsaaklikheid was.
Eiers is van deur tot deur verkoop en die koeie het die Kikuyu kort gehou. Net soos op die plaas.
Die verskil was Kromdraai se ses gesinne teenoor Windhoek se 60 000 gesinne.
Oral groet gras in die hoofstad se onbeboude gedeeltes asof die ministerie van landbou opdrag gegee het dat geen weiding vernietig mag word nie.
Ook nie die wat in die middestad opkom nie. Die droogte was hard. Dit is steeds hard, maar of die Namibiese veestapel deur die gras in die onbeboude gedeeltes, Suiderhof se militêre basis, parkeerruimte en kaal kolle in die middestad deurgehaal gaan word tot wanneer die land se beeste klippe leer eet het, is te betwyfel.
Selfs die telefoondiens het ’n plaaskarakter.
Daar is die afgelope dae met trompetgeskal aangekondig dat die sentrale op die lughawe vir die gerief van ’n ieder en ’n elk gemoderniseer gaan word.
Dit is gedoen, maar nou is daar geen antwoord met die nuwe tegnologiese wonder by enige van dié hipermoderne lughawe-telefone nie en lughawepersoneel loop die gevaar om van skrik ’n hartaandoening te kry, indien die telefoon skielik sou lui.
Die munisipaliteit, die hartslag van die hoofstad, kondig hierdie week aan dat mense nie telefonies na hulle kan deurkom nie.
Is die munisipaliteit se telefone uitgehaal en lughawe toe gevat?
Volgens die amptelike verduideliking kan die land se telefoondeskundige, Telkom, nie die fout opspoor nie.
“Ons weet nie en hulle ook nie,” is die ampelike weergawe.
Die fout duur al van Maandagmiddag af, maar eers gister word verskoning gemaak.
Die enigste afleiding wat ’n mens nou moet maak, is dat die posduif Maandag tussen die munisipaliteit en Telkom op een van die vele windpompe aan die slaap geraak het. Of dat die tromslaner, wat op bystand is vir wanneer die kommunikasieverbinding onderbreek word, afwesig was.
Dit kan mos nie in ’n hoofstad gebeur nie.
Dit is mos plaasprobleme wat ons hier van praat.
Of het die regering ’n ooreenkoms met Luanda en Maputo aangegaan om Windhoek uit solidariteit soos dié twee plakkerskampe van Afrika te kry?
Hulle mag glo nie alleen voel nie.
’n Stad sonder krag en ’n munisipaliteit sonder telefoonverbinding met die mense wat hy van dienste moet voorsien, is onheilspellend.
Spaar water en red ’n boerdery. – 16 September 1993

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie