No Image Caption

‘Hot rodents, short kings’ laat harte bons

Gerine Hoff
Nou die dag vang my oog ’n berig oor “hot rodents” en “short kings”.

Omdat ek nog nooit van so iets gehoor of gesien het nie, lees ek toe aan.

En jy gaan nie glo nie, dit gaan eintlik oor mans-celebs wat nie beskou word as die gewone vrou se tradisionele idee van “aantreklik” nie. So, dit het eintlik niks met rotte of konings te doen nie!

Blykbaar het die benaming in Mei posgevat, toe The Hollywood Reporter sy “nuwe A-lys” van sterre vir die jaar gepubliseer het.

Die manne sluit in Josh O’Connor, Mike Faist, Barry Keoghan, asook ander soos Tom Holland, Adam Driver en Timothée Chalamet.

Daarmee sluit “hot rodent” aan by ander etikette soos “Golden Retriever boyfriend” – wat blykbaar ’n man beskryf wat besonder liefdevol en opgewek is (soos Taylor Swift se kêrel Travis Kelce).

“Short kings” bestaan al langer (haha) en verwys na korter ouens wat dikwels, uhm, oor die hoof gesien word in die wêreld van wat tradisioneel as aantreklik beskou word. Hier val Daniel Radcliffe, The Weekend, Cillian Murphy, Bruno Mars en weer Tom Holland in die kollig.

So kan elkeen sy plekkie in die son volstaan. Maar dis ook te danke aan sosiale media wat dit makliker maak om allerhande voorkomste en persoonlikhede te vier, en weg te breek van een-grootte-pas-almal-standaarde.

As mens (lees vroue) na die norm kyk, word lengte gewoonlik gekoppel aan krag en oorheersing, wat as belangrik beskou word vir ’n man se sukses in beide die liefde en die lewe.

Maar soos geslagsrolle verander, verander die uiterlike tekens van manlikheid ook. Blykbaar beteken dit dat die “hot rodent” en “short king”-beweging wys dat eienskappe soos selfvertroue, humor, vriendelikheid en slimwees ewe veel saakmaak, indien nie meer nie!

In terme van interpersoonlike verhoudings, sê sielkundiges hierdie neiging moedig mense aan om verder as net voorkoms te kyk.

Hulle sê studies bewys dat persoonlikheidseienskappe soos empatie, humor en emosionele intelligensie belangriker is vir langtermyn-verhoudingsgeluk as fisieke eienskappe soos lengte of gesigsvorm.

Dus, meen hulle, deur hierdie eienskappe te vier, bevorder die “short king”en “hot rodent”-beweging meer betekenisvolle verbindings.

Die groot vraag is, wat sê die “hot rodents” en die “short kings” oor die benaming?

As ek moet opsom wat ek gelees het, is nie al die manne mal daaroor nie, want hoekom moet hulle na ’n rot verwys word, of gesê word ’n teken van hulle aantreklikheid is hulle gebrek aan lengte. Ander dink dis ’n groot grap en geniet die aandag.

Tog meen die einste sielkundiges daar is ’n risiko dat die manne ander eienskappe móét hê om op te maak vir hulle gebrek aan tradisionele lengte en ’n mooi gesig.

Verder sê die sielkundiges, terwyl die neiging daarop gemik is om mans te “vier” wat anders lyk, “moet dit vermy word om nuwe standaarde te stel wat net so beperkend soos die oues kan wees”.

Ha! Vir my is die groter vraag, loop vroue nie al eeue lank deur onder sulke soort oppervlakkighede nie?

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-08-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Las Palmas 1 vs 1 Real Madrid | Girona 4 vs 0 Osasuna | Real Sociedad 1 vs 2 Deportivo Alaves | Atletico Madrid 0 vs 0 Espanyol | Real Valladolid 0 vs 0 Leganés | Athletic Club 1 vs 0 Valencia | Rayo Vallecano 1 vs 2 Barcelona | Mallorca 0 vs 0 Sevilla Katima Mulilo: 17° | 32° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 14° | 35° Oshakati: 16° | 35° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 31° Otjiwarongo: 15° | 30° Omaruru: 16° | 33° Windhoek: 14° | 28° Gobabis: 11° | 29° Henties Bay: 12° | 20° Wind speed: 16km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:31, High tide: 13:56, Low Tide: 19:57, High tide: 02:00 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 16km/h, Wind direction: W, Low tide: 07:29, High tide: 13:54, Low Tide: 19:55, High tide: 02:00 Walvis Bay: 12° | 21° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 07:29, High tide: 13:53, Low Tide: 19:55, High tide: 02:00 Rehoboth: 13° | 30° Mariental: 15° | 32° Keetmanshoop: 15° | 32° Aranos: 14° | 31° Lüderitz: 11° | 21° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 12° | 25° Luanda: 20° | 21° Gaborone: 11° | 23° Lubumbashi: 19° | 30° Mbabane: 8° | 15° Maseru: 4° | 20° Antananarivo: 8° | 25° Lilongwe: 16° | 23° Maputo: 14° | 22° Windhoek: 14° | 28° Cape Town: 13° | 22° Durban: 12° | 22° Johannesburg: 9° | 19° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 21° Currency: GBP to NAD 23.18 | EUR to NAD 19.54 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.67 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.1 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 133.16 | USD to AOA 912.35 | USD to BWP 13.28 | USD to EGP 48.57 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1602.8 | USD to ZAR 17.68 | USD to ZMW 25.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1828.84 Down -1.06% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13935.08 Up +0.19% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30774.19 Up +0.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9622.52 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 515.48/OZ DOWN -0.0016 | Copper US$ 4.20/lb UP +0.38% | Zinc US$ 2 908.30/T UP 0.45% | Brent Crude Oil US$ 77.85/BBP DOWN -0.0214 | Platinum US$ 934.36/OZ DOWN -0.0015 Sport results: LaLiga: Las Palmas 1 vs 1 Real Madrid | Girona 4 vs 0 Osasuna | Real Sociedad 1 vs 2 Deportivo Alaves | Atletico Madrid 0 vs 0 Espanyol | Real Valladolid 0 vs 0 Leganés | Athletic Club 1 vs 0 Valencia | Rayo Vallecano 1 vs 2 Barcelona | Mallorca 0 vs 0 Sevilla Weather: Katima Mulilo: 17° | 32° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 14° | 35° Oshakati: 16° | 35° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 31° Otjiwarongo: 15° | 30° Omaruru: 16° | 33° Windhoek: 14° | 28° Gobabis: 11° | 29° Henties Bay: 12° | 20° Wind speed: 16km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:31, High tide: 13:56, Low Tide: 19:57, High tide: 02:00 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 16km/h, Wind direction: W, Low tide: 07:29, High tide: 13:54, Low Tide: 19:55, High tide: 02:00 Walvis Bay: 12° | 21° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 07:29, High tide: 13:53, Low Tide: 19:55, High tide: 02:00 Rehoboth: 13° | 30° Mariental: 15° | 32° Keetmanshoop: 15° | 32° Aranos: 14° | 31° Lüderitz: 11° | 21° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 12° | 25° Luanda: 20° | 21° Gaborone: 11° | 23° Lubumbashi: 19° | 30° Mbabane: 8° | 15° Maseru: 4° | 20° Antananarivo: 8° | 25° Lilongwe: 16° | 23° Maputo: 14° | 22° Windhoek: 14° | 28° Cape Town: 13° | 22° Durban: 12° | 22° Johannesburg: 9° | 19° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 21° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.18 | EUR to NAD 19.54 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.67 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.1 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 133.16 | USD to AOA 912.35 | USD to BWP 13.28 | USD to EGP 48.57 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1602.8 | USD to ZAR 17.68 | USD to ZMW 25.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1828.84 Down -1.06% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13935.08 Up +0.19% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30774.19 Up +0.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9622.52 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 515.48/OZ DOWN -0.0016 | Copper US$ 4.20/lb UP +0.38% | Zinc US$ 2 908.30/T UP 0.45% | Brent Crude Oil US$ 77.85/BBP DOWN -0.0214 | Platinum US$ 934.36/OZ DOWN -0.0015