No Image Caption

Hou ons stilletjies op?

Gerine Hoff
Al gehoor van “quiet quitting”?

As jy nog nie het nie, gaan soek na ’n TikTik-video wat @zkchillin in Julie gelaai het en al meer as 3,5 miljoen keer gekyk is.

Hy verduidelik mooi hoe jy nie ophou werk nie, maar dat jy nie meer daarin belangstel om “above and beyond” vir jou werk te gaan nie. Jy voer nog steeds jou pligte uit, maar daar is geen haas nie en jy laat vaar die idee dat werk jou lewe is.

Dié TikTokker het gedeel dít wat baie mense voel, veral nou. Dit blyk “stilletjies ophou” gaan hand aan hand met werknemers wat oorwerk, oorweldig en onderbetaal voel.

Terwyl “quiet quitting” baie media-aandag geniet, is dit nie ’n nuwe verskynsel nie: In-en-uitklok terwyl die minimum gedoen word, is al lankal deel van enige werkplek.

Elders – waarskynlik meer as hier – is daar ook mense wat veral ná die pandemie hulle werk en werksomstandighede ernstig heroorweeg ten opsigte van hoeveel tyd dit in beslag neem en hoeveel genot hulle daaruit put.

Dit het aanleiding gegee tot nóg ’n nuwe term: “The great resignation”. Mense laat vaar hulle beroepe omdat die afgelope twee jaar hulle laat nadink het oor wat regtig belangrik is.

Volgens kenners neem mense hierdie soort besluite in baie gevalle om uitbranding te voorkom, met een navorser wat sê “quiet quitting” is om grense af te baken sodat jy nie 24/7 aan werk dink nie.

“In plaas daarvan, wy hulle hul tyd en energie aan ander elemente van hul lewens wat meer betekenisvol is en wat om die beurt lei tot verbeterde welstand.”

Hy glo “quiet quitting” weerklink op die oomblik omdat mense al hoe meer op geestesgesondheid fokus. Hiervoor moet “mense wegbeweeg van die konsep om altyd ‘aan diens’ te wees. Daar is meer aan die lewe as om sleutelprestasie-aanwysers te bereik”.

So, hoekom “quietly quit” eerder as om ’n ander werk te soek?

Kenners sê die redes is legio. Jy is miskien nie in ’n posisie om te bedank nie. Jy sal dalk nie dieselfde voordele elders kry nie, of daar is geen ander geleenthede vir jou nie, of mense is eenvoudig reeds só uitgebrand hulle probeer net om elke dag te oorleef.

Wat wel ’n feit is, is dat mens nie aanhoudend “above and beyond” kan voortgaan nie. Dit put jou geestelik uit en veroorsaak ongelooflike stres. En as die beloning daarna maar aan die saai kant is, is daar regtig nie veel nut daaraan om jouself dood te werk nie.

Hoe sê een van my kollegas nou die dag... Sekere werksplekke is soos daai toksiese verhouding... Jy weet dis sleg vir jou, maar jy kan dit nie los nie.

So, hoe gemaak? Sielkundiges stel voor jy vat ’n breek (dalk langer as gewoonlik), begin met ’n werksprojek waaroor jy passievol is, vra vir “flexi”-tyd, soek na professionele ontwikkelingsgeleenthede, of begin ’n “side hustle”.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!