Charlotte Beukes-Muundjua
Charlotte Beukes-Muundjua

Hou op stres oor stront!

Sanet Pearson
Charlotte Beukes-Muundjua – Ai, my minse (mense soos uitgespreek deur my Damara-familie).

Julle moet tog minder stres oor kleinighede. Ons grootjies was ons die dinge voor: “Moenie vir julle dinge aanwend wat voorkant ’n probleem gaan word nie.”

Dis nou hoe dit is. Ons het met die vinnige moderne lewenspas vir ons dinge “aangewend” (aangeleer) om tog in die tel te bly. Wat ’n bedrogspel. Breinselle het verswak, so ook jou persoonlike waardes.

En hoe dit ook al sy, die soort van stres is direk gekoppel aan materiële dinge en gemaksug.

Nou stres ons as ’n Sondagete sonder ’n mayonnaise-slaai is, rêrig? Dis in ieder geval ongesond!

Terloops dis winter, maak ’n bredie... alles in een.

Wees eens met jou kruidenierekas en laat waai met idees. Toets jou kreatiewe en oorlewings vernuf.

Jy stres omdat jy nog ’n outydse stoompot het.... My magtig, die ding werk! Jou tyd sal kom vir die elektriese een.

’n Jong getroude vroutjie bars uit in trane; ek reken onmiddellik daar is sterfte in die familie, net om te hoor haar hubby het nie blomme kantoor toe gestuur vir hul huweliksherdenking.

My meisie jou kop raas, die man het dalk ’n groter plan vir julle, die man het dalk ’n tekort aan fondse en gaan jou andersins bederf. En terloops, ek het nie ’n fênsie sneesdoekie nie, vee jou snot en trane met my KFC-servet af.

Die ander een wou huil omdat sy nie ’n herdenkingsring gekry het. Hier staan ek Plain Jane en weet nie watter kant toe met die storm in ’n teekoppie nie. Nig Doortjie is beneuk, haar wange lê die vloer vol en trane dam op.

“Kyk hier meisiekind, sluk daai trane, het jy vergeet hy het vir jou ’n splinternuwe kar twee maande terug met jou verjaardag gekoop?”

Nou dis nou snaaks hoe vinnig madam haar trane “reverse”, ook gedink aan haar maskara wat sal mors. Het julle al gehoor van trane-aborsie? Die blitz is klaar en dis braaityd.... Die jongspan staan soos ’n steeks donkie.

Kry ’n bietjie Blueseal-vaselientjies op ’n toiletpapier en daar vlam ons vuurtjie.

“Ma, die skoppie het gebreek, hoe nou?” Vervlaks my kind, vat ’n skoon bladsy, trap hom netjies vas en vee die vullis daarop. Voila! Op is die job. Dink tog, die brein is mos nie van porselein en sal nie kraak as jy jou denkmeter oordraai.

Dankie Vader ek kom van ’n “plan-maak-era”. Bitter min goed was gekoop, meeste was self ontwerp. Verfdromme was flambojant geverf met sonnige kussinkies vir tuinstoeltjies. ’n Asynbottel se nek was ’n funnel, die aluminium-bedeksel op ’n koffieblik was gevou tot ’n scoop. ’n Meelsak ’n koffiesif.

Ons was gebrei soos skaapvel tot ’n karos. Flinkdink was jou voorland. Daar moes ’n Plan B, C en D ook wees.

Ai tog, die dot-kommers en YouTubers, kom steek by ons kers op.

PS: Gister was Vadersdag, hoop julle het planne gehad om pappie te bederf, nie klatergoud of Antonio Banderas-parfuum.... Daar is tonne maniere om ’n man se hart te laat jubel (met amper niks geld....) – gasskrywer

[email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!