Howe draai nie doekies om nie
Toe kollega Kristien groet om vir ’n paar maande die wye wêreld te gaan verken, moes ek my grootmeisieskoene aantrek en ’n leemte in die hof vul.
Ek kan nou nie meer soos ’n peuter my skoene omruil en dit op die verkeerde voet dra nie, want dit is moord, doodslag, roof en verkragting – én al die gru-detail wat daarmee gepaardgaan.
Een week sit ek in die hof waar die sibbe Azaan Madisia en Steven Mulundu tereg staan op die moord van Shanon Wasserfall in 2020 en ná daardie week is my emosies aan flarde.
Ek dink min mense is gemaak vir daardie tipe emosionele wipplankryery.
Ten minste kan my emosies nou herstel, sê ek die Maandagoggend vir myself. Dié hoop het net vir ’n paar uur geduur. Selfs toe ek hoor ek moet die Krylov-saak bywoon, het ek soos ’n naïwe kind nog hoop in my hart gehad.
Min wetende dat ek vir ses ure na ’n uitspraak gaan moet luister, waartydens Alexander Krylov en Anna Engelbrecht gesamentlik op 13 klagte van verkragting en 15 klagte van kinderhandel skuldig bevind is.
Die probleem hiermee is hoegenaamd nie dat twee kinderverkragters skuldig bevind is nie; die probleem is die grusame detail wat in die uitspraak gedeel is. Elke ontmoeting en interaksie wat Krylov en Engelbrecht met die meisies gehad het, is gedeel – wat waar gesit is, hoeveel hulle betaal is, wat die meisies met die geld gedoen het en wat alles met Savlon ontsmet is.
Dit is eenvoudig die nare waarheid. Die hof traak nie met gevoelens nie – hier is die feite baas en die noukeurige hervertelling van die feite is nodig vir die hof om sy doel te dien.
Ná ses ure is die feite ook nie meer snaaks nie – halfpad deur die uitspraak is die p-woord, die v-woord, die e-woord en die s-woord niks meer as net woorde nie en dit raak moeilik om steeds die situasie te sien vir wat dit is.
Ure ná ek die hof verlaat het, tref dit my weer dat dit vyf minderjarige meisies is en dit kon net sowel ek of ’n hoërskoolvriendin gewees het. Ek kon nie anders as om te dink aan 14-jarige Iréne met haar eienaardige uitrustings wat eintlik net haar mollerige lyfie en haar kinderlike onskuld wou wegsteek nie.
Hoeveel geld sou dit vat om daardie onskuld vir ’n vreemdeling te gee? Is die jong slagoffers bewus van die onskuld wat hulle verloor het, of sal hulle dit eers as volwassenes besef?
Een van die moeilikste dele van sulke dae in die hof is om die beskuldigde in die oë te kyk nadat hierdie gru-details voorgelees is. En dit is nie net beskuldigdes nie. Ná wyle Shanon Wasserfall se kêrel in die hof getuig het dat hy ’n seksuele verhouding met Azaan gehad het, moes ek hard sluk aan die knop in my keel toe hy verby die media van die getuiebank af gestap het. Dit kon nie maklik gewees het nie.
Dit is ook nie altyd maklik om foto’s van die beskuldigdes te neem nadat die hof verdaag het nie, maar jy raak later daaraan gewoond.
Daar is wel dae soos die Krylov-saak en die getuienisse oor seksuele verhoudings in die hof en op daardie dae tref dit jou weer. Daardie woordelose oomblikke voel soos Peaky Blinders se “soldiers minute” – die oomblik tussenin. Die oomblik wanneer al die spelers in plek is, en jy wag net vir die chaos om uit te breek.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie