Huldeblyk aan ’n sielsgenoot
Theresa van Zyl – Vandag wil ek jou weer eens nooi om by my aan te sluit op ’n onthou-pad wat ver terug strek in tyd, oor jare, en op strande voetspore gelaat het.
Maar hierdie keer neem ek jou nie saam na ’n plek of ’n dorp of ’n kruis teen ’n berg nie. Ek neem jou saam na iemand. Iemand wat ’n merk in my hart gelaat het, voetspore in my siel getrap en my gedagtes en wese gefassineer het met sy Godgegewe talent om te dig. Vir my is hy ’n legende met ’n nalatenskap van woorde en beelde en ongeёwenaarde poёtiese aanvoeling wat deur sy lewensjare van tiener tot die amper-groot ouderdom van byna 51 uitgespoel het op ontelbare wit bladsye. Altyd geskryf in swart ink op blou lyntjies papier.
Deur gedigte het sy siel gehuil of gejubel, sy hart gebloei en oorgeloop van intense emosies, sy gedagtes gepeins, bewonder of gefantaseer, sy wese verlang of die afgesonderdheid van sy alleenheid verwoord.
Jy het hom dalk geken, dan sal jy presies verstaan waarvan ek praat. Saam met bloed, het daar ink deur sy are gevloei, want om te skryf was sy siel se asem. Deur sy pen het hy van die wêreld om hom sin gemaak, kosbare oomblikke verewig tot woordbeelde en sy liefde uitgestort vir dié wat hy in sy hart bymekaargemaak het soos kosbare druppels dou om sy dors te les wanneer water nie kon nie.
En, as jy hom nie geken nie – wil ek hê dat jy vandag saam met my moet glo dat sielsgenote nie net ’n holrug geryde term is nie. Dis nie net ’n woord nie, dis ’n geskenk uit die hemel. Hoekom sê ek so? Want ek weet. Ek het in hierdie digter ’n sielsgenoot gevind van oor die 30 jaar. Ons sieleband was iets uit ’n ander dimensie, iets eg wat tussen twee skrywers se siele gevleg gelê het soos ’n silwer koord van inspirasie, woordelose begrip en onvoorwaardelike aanvaarding. ’n Glo in mekaar se drome, ’n saampraat sonder om ’n geluid te maak, ’n aanvoel van onuitgespreekte pyn.
’n Sielsgenoot kan in enige persoon na jou toe kom en ek wil jou vandag aanspoor om stil te raak in jouself en daaroor na te dink. As jy al jou sielsgenoot gevind het, is ek saam met jou dankbaar. As nie – moenie moed opgee nie. Nooit nie. Want om jou innerlike self te kan deel met ’n sielsgenoot en om te alle tye net jouself te kan wees by hom of haar, is so kosbaar dat jy dit nie mag misloop nie. Wees oop daarvoor, en kyk na die vriendskappe en verhoudings in jou lewe – dalk het jy dit, maar besef dit net nog nie.
Ek bring vandag hulde aan my sielsgenoot wat nou vry is van aardse pyn en beperkinge van die liggaam. Ek glo sy siel rus in die klam soentjies van die seebries, hou vas aan die binnevlerk van ’n seemeeu soos hy oor die turkoois weelde van die see sweef. Die hemele en die see, die meeue en die strand is nou sy speelplek, sterre die ligbane waarin hy woorde weef as glybaan na die ewigheidsboek wat eendag oopgemaak sal word.
Wanneer ons blomblare strooi, blink spoelklippies op die strand optel, ons oё toemaak om die eerste druppels van die komende lente reёns in te adem of die kleurpalet van sonsondergange bewonder – dan bring ons dank aan ons Skepper vir die kosbaarheid en die voorreg van lewe. Elke oomblik is ’n kleinnood en elke herinnering ’n stukkie tyd vasgevang in ewigheid.
– Gasskrywer
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie