In watter bank is jou neseiertjie?
Toe ek nog ‘n tjokkertjie was, was als grootliks wit en swart.
Grys areas was taboe. As jy grys was, was jy ‘n draadsitter; ‘n ruggraatlose banggat.
Jy’t meestal een van twee keuses gehad – amper soos op die bitter min vliegtuie van lugrederye wat vandag nog vlerke het: “Chicken of beef?”
In my wit Afrikaner kinderdae was jy óf ‘n Dopper óf ‘n lid van die NG Kerk. Óf ‘n NAT of ‘n SAP. Hier in my tienerjare óf ‘n lid van die DTA óf Aktur. Of as jy regtig-regtig aweregs was: Swapo.
Amper so ernstig soos die politiek en godsdiens was aan wie jy jou geldsake toevertrou het: Volkskas of Trustbank.
Wat my bring by die eintlike onderwerp van my beskeie skrywe: Donkiejare terug, toe ek my nog met die dinge van ‘n kind besig gehou het, was daar banke in ons sitkamer. Nie sofas nie, banke.
Nou se dae praat ons van sofas. Nie banke nie.
Maar klink my deesdae ís sofas banke. Of moet ek sê: Na bewering is sofas deesdae banke? Op my ouderdom wil ek wragtag nie van laster aangekla word nie.
Uiteraard gaan my rubriek oor plaashekke. Overgesetsynde “Farmgate”.
Die meer as US$4 miljoen wat na bewering in 2020 op pres. Cyril Ramaphosa se Phala Phala-wildplaas in Limpopo gesteel is. Glo geroof is. Oënskynlik uit ‘n sofa, ‘n rusbank, ‘n meubelstuk. En uiteindelik vermoedelik na Namibië gevloei het. Volgens alle amptelike bronne is dit als bloot ‘n sprokie.
‘n Feeverhaal soos wat my ma my saans op die rusbank voor slapenstyd voorgelees het.
Want ‘n rusbank is ook waar jy aan die einde van ‘n lang dag uitspan. Vrede kry voor jy in jou bed in ‘n soete sluimer sonder kommer aan die slaap raak.
Beddens het matrasse. En in vergange dae – soos dalk vandag nog – steek jy jou geld onder ‘n matras weg.
Die afgelope tyd draal my die FAK-deuntjie uit my kinderdae in my kop: “Jou kombers en my matras en daar lê die ding”.
O alla, en daar lê die ding, of hoe?
Are we marching to Pretoria, of die Oranjerivier of Omusati? Ek vra net. Sê nie eers maar net nie. Let wel.
So fa(r), so good. Of dalk nie.
Sofa; rusbank. Rus? Vir wie?
Vir die derduisende in Namibië en Suid-Afrika wat in die bitterkoue snags probeer oorleef. Sonder ‘n kombers, wat nog te sê ‘n matras?
Banke? Let wel: Binne die demokratiese politieke, nie kommersiële konteks.
‘Volkskas’? Wat van die beweerde ongerymdhede het nasionale belang bevorder? Of gaan dit eerder oor individue se kleinkas eerder as die volkskas? ‘Trustbank’? Wat van die beweerde gekonkel boesem vertroue in?
Wie ookal na bewering hierby betrokke is: Weet julle hoeveel gewone mense het ‘n verlore Namibiese dollar of Suid-Afrikaanse rand om onder hul matras te bêre? ‘n Oulap vir taai tye: Nevermaaind vir die slim kind wat kan gaan swot. Net vir volgende maand as die blerrie brandstofprys wéér styg en ons moet kies tussen om by die werk te kom of ‘n afskeep-aandete maandeinde vir ons gesin op te dis.
Moet ek dankbaar wees jul kombers verdoesel jul oënskynlike sofamatras vol Amerikaanse dollar? Moet ek sê dis okei as julle – en ál jul geldgierige kamerade (in die regering én die private sektor) – snags knus onder jul vereduvets van uitbuiting en korrupsie slaap?
Sorrie, maar voor jul bankmatras nie die hele Namibië - en ál ons mensgenote in buurlande – teen ‘n ekonomiese winter met ‘n kombers van maatskaplike integriteit beskerm nie, is julle niks anders as (beweerde) bedluise nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie