Is die liefde werklik blind?
Yolanda Nel – Kyk, dit is geen geheim dat dating in hierdie leeftyd nie is soos in die goeie ou dae nie. Met aanlyn dating sites is die opsies te veel en het gewildheid en looks ’n reuserol begin speel.
Televisiebase het die leemte hier gesien en maak nou miljoene om vir almal onder die son liefde te vind. En ek is hier om dit te kyk. Almal wat my ken sal weet dat my guilty pleasure realiteitstelevisie is. Dis my laatnag vermaak, met ’n glas wyn, ietsie om aan te peusel en televisiedrama.
Een van die programme is “Love is Blind”. Die einde van die sesde seisoen is amper hier en hierdie reeks het beslis vir drama gesorg. Die idee agter die program is soos volg: 15 mans bly saam in ’n villa en 15 vroue bly saam in ’n ander villa.
Almal het nou die geleentheid om mekaar beter te leer ken, maar hulle kan mekaar nie sien nie. Hulle ontmoet in pods en gesels met ’n muur wat hulle skei. Die wat gelukkig is en ware liefde vind, raak binne 10 dae verloof. Eers daarna ontmoet hulle mekaar van aangesig tot aangesig.
Die verliefde paartjie geniet dan ’n romantiese wegbreek vir ’n week en binne ’n maand staan hulle voor die kansel. Dan vra hulle mekaar af of die liefde werklik blind is.
Natuurlik vind nie almal binne tien dae hulle troumaat nie, maar die liefdesdriehoeke en treurverhale sorg vir goeie vermaak. Vrouens huil dat die maskara loop, want sy het “nog nooit so oor iemand gevoel nie.”
Ek persoonlik dink daar is te veel waarop gefokus word. Is die liefde blind? Met die hoeveelheid verlowings wat tydens ’n seisoen plaasvind? Ja. Maar is dit reg om dit binne tien dae te bewys? Beteken dit werklik jy moet verloof raak en trou? Dis ’n hele nuwe speletjie.
Maande se emosies word in ’n baie kort tyd ingedruk. En honderde ure se kamerawerk word in ’n 40 minute-episode vasgevang. Maar dis maar hoe televisie werk. En drama verkoop. Ja, Chelsea het geskimp dat sy soos Megan Fox lyk. Ongelukkig het Jimmy se skimp soos wie hy lyk nooit die telvisieskerm gehaal nie.
Ek besef ook in enige televisiereeks, ja ook in realiteitstelevisie, moet daar ’n villian wees en ’n held en die perfekte paartjie – net om seker te maak iemand “wen” ware liefde aan die einde van die dag. En almal moet maar sy of haar rol speel. Word hulle vooraf uitgeken? Weet hy hy is die underdog? Wie weet?
Maar sal ek Donderdagoggend drieuur voor my televisie sit met ’n beker koffie en beskuit om te kyk hoe die lewe na die program lyk? Een honderd persent ja. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie