René Hugo
René Hugo

Is sleg nie so sleg nie?

Sanet Pearson
René Hugo – Kleintyd het ons graag die speletjie “Wat is jou lekkerste lekker?” gespeel. Dan het ons wyd uiteenlopende idees oor lekkertes met mekaar gedeel, soos:

• om vroegaand by ’n bosveldvuurtjie te sit (Willie)

• ’n warm skuimbad en ’n boek (sus Marie)

• die grootste romerigste blok sjokolade, opgesmul terwyl ek ’n nuwe speurverhaal lees (ek).

Maar nou die dag dink ek toe – kom ons draai die vraag om: wat is my slegste sleg? Hoe meer ek daaroor gedink het, hoe meer het ek tot die gevolgtrekking gekom dat my slegste sleg kom en gaan soos die jare van my lewe verbystap.

Toe ek baie klein was, was dit vir my bitter sleg om in die nag wakker te word en allerhande geluide te hoor en skadubeelde in donker hoeke te sien. Die angs van daardie nagtelike vrees was ’n alleroorheersende sleg wat selfs die volgende dag se goeie kon bederf. En iets wat my vandag nog soms (in ’n alleen-donker-nag) ’n maaghou gee!

En dan was daar die 16-jarige slegste sleg van wag. . . vir daardie telefoonoproep van HOM. Ek kry nou nog ’n beklemming om my hart as ek dink hoeveel draaie ek rondom die dekselse telefoontafeltjie geloop het! En hoe bitter sleg dit was as die oproep tog nie gekom het nie.

In my middeljare het my slegste sleg beslis uit persoonlike verwaandheid gespruit. Elke lente was dit tyd vir ’n nuwe swembroek. Maar eers moes ek dáárdie ellendige draai by die klerewinkels se martelkamertjies gaan maak. Daar is ek dan, voor ongenaakbare spieëls, met my slegste sleg gekonfronteer. Bene en arms spierwit winterverbleik, elke bultjie op die maag en bobene duidelik sigbaar. En die verdoemende getuienis van winter-ooreet, eksplisiet uitgespel in middeljarige selluliet. . .

Noudat ek die Bybelse genadetyd van 70-of-as-ons-baie-sterk-is-80 jaar bereik het, loop ek my skielik in ’n nuwe slegste sleg ding vas: die dood.

Een aand het ek teenoor Manlief bely: “Ek is bang om alleen dood te gaan”. Sy logiese verstandige anwoord was: “Maar my Vrou, jy weet mos dit is die een hekkie waaroor ons almal alleen gaan. Saam-saam doodgaan is baie skaars”. Dit is waar, maar iets bly baie sleg. . .

Waarom bly die doodgedagte vir my so ’n slegste sleg? Ek hét mos immers die geloof, hoop en liefde wat selfs die dood kan oorwin! Ek mymer lank hieroor. Miskien is die slegste ding van dood die feit dat dit onvermydelik is en dat ek met elke sekonde van my oorblywende tyd daarheen op pad is? Om te lewe is vir my lekker. Om die waarheid te sê, dit is vir my tans die lekkerste lekker! Is dit hoekom die dood voel soos die slegste van alle sleg – en mag ek so daaroor dink?

Soos gewoonlik kry ek die antwoord in ’n boek. Isak de Villiers vertel van ’n gesprek met ’n dame wat naby aan haar einde was. Sy was bekommerd omdat sy nie (soos dit hoort?), na die hiernamaals verlang nie, maar eerder smag na haar huis, haar mense, en die lekkerte van die lewe. De Villiers meen ’n mens mag so voel. Die hemel is immers 'n onbekende plek. Die lewe daarenteen, is bekend en vol van die mense en dinge wat jou gelukkig maak. Daarbenewens, so leer die Bybel ons, is die opgestane Christus ook hier by ons. In ons huis en tussen die mense en dinge waarvoor ons lief is. Hy is deel van die bekende, ook wanneer ek doodgaan.

Ek mag dus die bekende en gelukkig-maak dinge begeer. En bang wees vir die onbekendheid van die dood. Ek mag dit selfs sien as die huidige oomblik se slegste sleg.

Maar gelukkig word ek elke dag ouer. Dalk sal my slegste sleg weer, in samehang met my veranderende ouderdom, verander. En dalk ’n ander lekkerste lekker op my pad bring.

En natuurlik – daar is mos nog altyd sjokolade. . .

– Gasskrywer – [email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-09-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Argentina 67 vs 27 Australia | Springboks 18 vs 12 New Zealand Katima Mulilo: 18° | 38° Rundu: 15° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 14° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 11° | 31° Henties Bay: 9° | 15° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:19, High tide: 13:46, Low Tide: 19:48, High tide: 02:00 Swakopmund: 11° | 12° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:44, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 17° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:43, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Rehoboth: 9° | 30° Mariental: 9° | 27° Keetmanshoop: 8° | 23° Aranos: 8° | 29° Lüderitz: 9° | 29° Ariamsvlei: 6° | 22° Oranjemund: 9° | 26° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 9° | 15° Maseru: 2° | 22° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 16° | 22° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 10° | 18° Durban: 13° | 15° Johannesburg: 14° | 27° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1770.56 Down -1.47% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007 Sport results: Currie Cup: Airlink Pumas 14 vs 41 Toyota Cheetahs XV | Fidelity ADT Lions 62 vs 5 NovaVit Griffons | Suzuki Griquas 37 vs 29 DHL Western Province Rugby Championship: Argentina 67 vs 27 Australia | Springboks 18 vs 12 New Zealand Weather: Katima Mulilo: 18° | 38° Rundu: 15° | 38° Eenhana: 15° | 38° Oshakati: 16° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 14° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 11° | 31° Henties Bay: 9° | 15° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:19, High tide: 13:46, Low Tide: 19:48, High tide: 02:00 Swakopmund: 11° | 12° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:44, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Walvis Bay: 10° | 17° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:17, High tide: 13:43, Low Tide: 19:46, High tide: 02:00 Rehoboth: 9° | 30° Mariental: 9° | 27° Keetmanshoop: 8° | 23° Aranos: 8° | 29° Lüderitz: 9° | 29° Ariamsvlei: 6° | 22° Oranjemund: 9° | 26° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 9° | 15° Maseru: 2° | 22° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 16° | 22° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 10° | 18° Durban: 13° | 15° Johannesburg: 14° | 27° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.39 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.86 | USD to AOA 920.38 | USD to BWP 13.26 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1620.02 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1770.56 Down -1.47% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13911.35 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31029.7 Up +0.10% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 497.56/OZ DOWN -0.0079 | Copper US$ 4.04/lb DOWN -0.0194 | Zinc US$ 2 721.80/T DOWN -0.3% | Brent Crude Oil US$ 72.03/BBP DOWN -0.0187 | Platinum US$ 919.13/OZ DOWN -0.007