Ja vir vleis, net solank dit nie gejag is nie
My vriendin het onlangs verjaar en een van die dinge op haar emmerskoplys was om ’n bok van een of ander aard te skiet.
Haar pa was ’n jagter, maar hy is dood toe sy nog baie jonk was.
Sy het al talle kere gesê sy wonder hoe dit sou wees as hy nog gelewe het. Sou hy haar geleer het om te jag, en sou hy haar saamgevat het?
Sy het deur die jare vriende en kennisse van haar wens vertel en baie het gesê dit is niks nie, hulle sal haar vat om haar eerste bok te skiet. Sy moet net vir winter wag. Die jagseisoene het gekom en gegaan, en niks het van dié beloftes gekom nie
Ons het dus geld bymekaargesit en vir haar ’n bok by ’n boer gekoop en verlede naweek het ons gaan jag.
Sy het ’n springbok en ’n vlakvark deur die hart geskiet. Nie een van die twee het gely nie. Sy het ná elke skoot die dier bedank dat hy sy lewe gegee het sodat ons kan eet.
Sy het nadat die bok geskiet is, agter op die bakkie gestaan en gewonder of haar pa trots sou wees en of dit iets sou wees wat hulle saam sou gedoen het.
Soos met alles, hoor en praat mense nou van die jag en sommige spoel hul monde uit. Hulle wil weet hoe ons so gevoelloos, harteloos en wreed kan wees, terwyl hulle wag dat hul skaaptjoppies ontdooi en in die pan gegooi kan word.
Net Sondag het hulle heerlik aan ’n skaapboud gesmul en môre is dit steak-en-tjips-dag.
Die mense het seker vergeet die vleis wat hulle in die slaghuis of winkel koop, het ook in ’n stadium ’n vel en oë gehad. Die vleis en wors het nie altyd op ’n styrofoam-bakkie of in ’n plastieksak gelê en op jou gewag nie. Iemand het die dier geslag en die vleis verpak sodat jy dit kan koop en daaraan kan smul.
Is daar regtig ’n verskil of die dier nou deur my koeël getref word of in ’n slaghuis geskok word? Is vleis op ’n bord, of wat in die oond gerooster word, nie vleis nie? Het sy dood jou al ooit regtig gepla of is dit net nou omdat jy gehoor het iemand het die bok geskiet? Is dit omdat jou mooi prentjie van hoe vleis in die winkel lyk nou verpletter is en jy nou besef het hulle het ook velle gehad?
’n Haasboer het onlangs aan my gesê:
“Almal kyk my snaaks aan omdat ek met hase boer. Hulle dink mos sy naam is Bunny en hy hop op my grasperk rond en slaap in my bed. Hulle het nie name nie en is in ’n hok ver van my huis af. Dit is presies dieselfde soos die skaap sonder ’n naam wat in die kraal staan of die naamlose koei wat in die veld loop, maar niemand dink twee keer daaroor om hulle te eet nie. Vir een of ander rede is haasvleis anders; al wat ek kan sê, is dit is slegs anders in jou kop.”
So vir al die vleisetende nievegetariërs wat nou in trane is oor die bok, julle hoef nie te worrie nie; ek sal julle nie vir oondgeroosterde springbokboud met aartappels en groenbone nooi nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie