Ja wraggies – inderdaad tyd vir ons eie krieketskare
So, dit word seker tyd om te besin oor die vraag hoekom Namibiërs nie in betekenisvolle getalle hul eie hoogs suksesvolle nasionale krieketspan ondersteun nie.
Die Eagles se nuutste sprokiesverhaal by die T20 Wêreldbeker is gereed om geskryf te word ná hul ongelooflike oorwinning teen Sri Lanka vroeër hierdie week.
Wanneer laas het jy ’n draai gaan maak by enige van die Eagles se wedstryde in Windhoek?
Ons span se prestasies oor die aardbol heen wek internasionaal opspraak in een van die heel grootste spansporte. Krieketliefhebbers oral is jaloers en geïnspireerd deur ons groepie spelers wat so graag wys dat weinig onmoontlik of bo hul vuurmaakplek is ...
Maar hier het ons nou die spreekwoordelike profeet wat nie in sy eie land geëer word nie.
Wat is die werklike rede hoekom hul groot tuiswedstryde net bygewoon word deur (ek veralgemeen nou) ’n klompie mense onder drie gazebo’s, ’n handjie vol gesinne by die braaiplekke met spelende kinders op die grasperk en omtrent ewe veel mense wat vanuit die restaurant of kroeg so ’n deeltydse oog op die verloop van die spel hou?
’n Wêreldbeker-oorwinning teen Sri Lanka vir ons krieketmanne is vergelykbaar met die ewe ondenkbare scenario dat die Brave Warriors eendag teen die portuur van ’n Portugal of Denemarke of Mexiko aan die wenkant kan wees.
My beste goddelike seënwense aan enige sokkeradministrateur wat reken hy gaan daai wensdenkery aanpak.
Hier is ’n eksperiment wat ek aanraai: Begin sommer krieket praat met enige Namibiër wat jy raakloop en dit sal nie lank wees nie, of jy hoor ’n variasie van die volgende reaksie: “Ek weet basies niks van krieket af nie.”
My benadering is om baie vinnig op papier ’n ovaal sirkel met ’n kolfblad en twee stelle paaltjies te teken, die pen na dié man, vrou, seun of meisie te draai en te vra: “Oukei, vertel my wat jy inderdaad weet oor hoe krieket werk?”
En dan kom jy gou agter dat selfs die selferkende leek reeds deur osmose of periferale visie eintlik dikwels ’n veel stewiger basiese begrip het as wat hulle voorgee. En dat die volgende bietjie insiggewende agtergrond oor die spel nie naastenby so ingewikkeld is om oor te dra as wat Jan Alleman reken nie.
Dis reeds lankal ’n bekende feit dat Namibië die medegasheerland vir die snel naderende 2027 Wêreldbekertoernooi in eendagkrieket (saam met Suid-Afrika en Zimbabwe) gaan wees. Stel jouself bietjie voor wat dit werklik beteken.
Die gebrek aan ’n werklike nasionale krieketstadion is ’n ooglopende leemte – maar agter die skerms is Krieket Namibië se administrasie reeds daagliks aan die werk om saam met die munisipaliteit die oop stuk grond langs die Doc Jubber-veld vir hierdie doel in ’n fasiliteit met sitplekke vir blykbaar omtrent 13 000 krieketkykers te omskep.
Soos daai reisende blaasorkes wat die Sri Lankaanse span vir die duur van hul wedstryd in die pawiljoen ondersteun het, kan ewe maklik ’n entoesiastiese groepie Namibiese tromspelers, byvoorbeeld, die atmosfeer van ’n groot sportgebeurtenis aanvul wat vele onvergeetlike herinneringe sal inhou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie