Jongboere takel die toekoms
Net soos 'n mensehart soms vasvat en nie weer laat gaan nie, klou die huisies verbete aan die hange van Klein Windhoek se berge. Dis 'n gewelf en gewriemel vir die daaglikse brood. Dis ook kongrestyd vir landbouers in die hoofstad.
Twee jaar laas, oor die siekte.
Jongmense is terug plase toe, huise toe, vertel die landbou-unie se president, Piet Gouws. Teruggekeer na hul wortels toe, toe die siekte tref en soveel van ons kom steel het.
Hy het dit met sy eie oë gesien. Die wil baan die weg.
Hulle het ervaring in die korporatiewe wêreld. Nou is daar egter jong hande wat sáámtrek, sterk hande wat raakvat. 'n Oplewing van die jeug op plattelandse dorpe, waar die tyd jare reeds stilstaan.
Dit was net die slaggate wat wou groei, maar nóú. . . Nou word 'n jongboerkomitee voorgestel, sê die president. Húlle sal nog meer jongboere vir georganiseerde landbou werf, manlik en vroulik en jonger as 40 jaar. Hulle sal landbou die toekoms in stuur.
Oorgee is onafwendbaar, die toekoms sál aanbreek, sê Gouws.
Die storie is vir my mooi. Só mooi. Dis die reuk van reën op 'n stofnat aarde, dis die eerste groen grassies ná die winter se vaal. Dis jou mielies wat opkom ná Desember se reën, dis al.
Jy weet, dis goed om net een winkel hoef te besoek en als te vind wat jou hart begeer. Nie net is die vrugte en groente vars nie, jy kan ook kies en keur. Ek koop aarbeie en bloubessies en dit ruik naderhand na Kersfees.
Maar jou hart klou nie werklik aan die dinge nie. Wat jou eindelik bybly, is daar waar almal, bekendes en onbekendes, oor 'n afstand bakhand groet. Dis daai klein plaasvoetjies in die sand, Oupa se hoed op die kop en waar kinders en kuddes waaigras huppel oor die veld. Want die vlaktes is vry en in hierdie land, so wyd soos die Heer se genade.
Jongmense sê hulle was al so moeg om te hoor jonges stel nie belang in boer nie, want dié wat wil boer is volop. Daar is groot uitdagings en daar is groot geleenthede.
Vandag se lewe is nie meer net vir grond koop en siedaar nie. Jong boere kan nie genoeg geld op 'n stuk grond verdien om die prys daarvan af te betaal nie, meen hulle. Die meeste jongboere moet hande met hul ouers neem vir 'n kans in die bedryf, of dit sal maar net 'n ydele droom bly. Diversifisering het dié gonswoord geraak.
Daar is ook verskeie ander uitdagings, maar die passie wat ek in talle jong harte sien brand, is groter as enige van hierdie. Ja, dit loop hier deur ons are, generasies, jare, sê hulle. Harte wat dié taal praat van grond deur jou vingers en die son op jou skouers.
Daar is talle wonings aan die hange van Klein Windhoek se berge gebou. Soms ietwat ongemaklike ruimtes, nouerig en beknop, maar daar is 'n plan gemaak. Inderdaad, niks is onmoontlik nie.
Báie dinge kan gebou en gevorm en pasgemaak word, totdat dit werk binne die gegewe omstandighede. Jong hande wat nou oorvat, wat weer vir hulself 'n heenkome moet brei en vorm, amper soos 'n pottebakker die klei.
Die jongboerkomitee bestaan uit die wat grond huur, of plaasbestuurders is, of saam met hul ouers boer of enkeles wat self grond het. Ook spekulante en naweekboere (is dit die gesig van die toekoms?).
Kongrestyd kom tot 'n einde en plase hardloop mos weg, maar voor almal groet en uitmekaar spat, maan Gouws: "Omhels dit, akkommodeer die toekoms, of verloor dit."
Dalk kan álmal nou help bou aan die toekoms wat ons graag sou wou hê. Of óns bou, of die toekoms sal vir homself beslis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie