Jou 10 000 ure is slegs die begin
In ’n land met ’n hemelhoë werkloosheidsyfers, wat volgens kenners in die komende jaar nóg gaan styg, is dit moeilik om enige studenteprotes by te woon sonder om te hoor hoe dié syfer studente raak. Hulle wonder of hulle gaan werk kry al het hulle byvoorbeeld ’n honneursgraad.
My ma het altyd gesê ek moet my beste lyk as ek uit die huis gaan, want die kanse is goed dat ek my toekomstige man kan ontmoet.
“Nee my kind, first impressions count,” sou my ma vinnig sê en haar lippe tuit wanneer ek vir haar sê my toekomstige man moet my op my lelikste ook kan hanteer.
Ek, as iemand wat direk uit hoërskool die werksmag betree het, glo die kwessie van werk is dieselfde. Jy moet maar jou lippies rooi verf ingeval die volgende geleentheid jou daardie dag gaan ontmoet. Miskien praat ek uit ’n bevoorregte posisie.
Ek dink die blaam vir werkloosheid onder gekwalifiseerde mense moet op tersiêre instansies geplaas word, maar ek dink nie dit is 'n universiteit se plig om werk aan jou te verskaf nie, dit is hulle plig om jou op te lei en vir die werksmag voor te berei.
Toe ek as 16-jarige vir my gesin sê my droom is om ’n joernalis te word, het my broer vir my die gevolge van so ’n besluit baie mooi uiteengesit en met die woorde, “As jy wil swaarkry, gaan aan” hom berus. Dit was my besluit om hierdie loopbaan te volg ten spyte van al die dinge wat moontlik kon verkeerd loop en sou dit skeefloop, sou ek met die nagevolge moet saamleef.
Ek dink talle jongmense kyk na prokureurs en outeurs en dink hulle maak geld. Dus as jy doen wat hulle doen, sal jy ook geldmaak.
Sukses en rykdom is in ’n redelike mate een van daardie dinge waarvoor jy op die regte tyd, op die regte plek en op die regte manier moet regstaan, volgens Malcolm Gladwell wat in sy boek Outliers die konsep van sukses ontleed.
Hierdie boek (en sy outeur) het die konsep van 10 000 ure bekend gemaak – die teorie sê dat dit 10 000 ure se intense werk verg om enige vaardigheid voldoende te bemeester. Nie 10 000 ure waarvan jy net ’n kwartuur lank intens geleer het, voor jou selfoon jou aandag vir die res van daardie uur afgelei het nie.
Hoewel Gladwell se les oor 10 000 ure soos baie ander dinge in die era van die internet, net op die oppervlak gesien is en aanvaar is as die reine waarheid, verduidelik hy dat jy 10 000 ure in ’n kuns en vaardigheid kan inploeg, maar dat jy steeds onsuksesvol kan wees.
Gladwell verduidelik dat jy eers jou 10 000 ure moet insit en dan heel per toeval op die regte tyd en op die regte plek moet wees.
Ek glo in ’n mate moet jy maar die tyd en plek waarin jy nou is ten volle benut en dit so voordelig as moontlik vir jou maak eerder as om te hoop en bid dat die hemel sy seën vandag oor jou sal uitstort.
Ek stem nie noodwendig saam met die idee dat Bill Gates en Elon Musk heel toevallig op die regte plek en op die regte tyd was nie. Ek dink hulle weet net hoe om ’n geleentheid te gebruik as hulle hom sien.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie