Jou nuwe seisoen. . .
Theresa van Zyl – Ons reise van die afgelope maande het ons vandag gebring by ’n vurk in die pad. ’n Vurk op ons elkedag-pad, ons lewenspad, ons gedagte-pad. En ’n keuse. ’n Keuse wat jy op jou eie en vir jouself moet maak.
Wat is hierdie keuse? Dis die keuse tussen die oue en die nuwe, die bekende en die onbekende. Die verlede en die toekoms. ’n Baie wyse vrou en geliefde kind van God herinner my telkens aan die volgende feit: Moenie in die verlede gaan vashaak nie. Dit kan jou niks nuuts bied nie en niks wat jy doen of dink of sê kan dit verander nie. Al wil jy hoe graag. Die verlede, hoe kosbaar of hoe verskriklik hartverskeurend dit ook al mag wees, is onherroeplik verby. Al waar dit nog bestaan, is in jou gedagtes. En dis goed om mooi herinneringe te koester. Maar dit is al wat dit is. Herinneringe – ’n stukkie verlede wat onveranderd in jou gedagtewêreld gestol het. Dit kan oor en oor beleef word, na verlang word, oor geglimlag of gehuil word. Behou die mooie, vergeet van die slegte. . . maar lééf in die hier en die nou.
Hoekom? Om ’n baie belangrike rede. God is nie in die verlede nie. Dus, Sy teenwoordigheid en Sy seёninge is ook nie in die verlede nie. Dit kan nie daar wees nie. Hy is deur Sy Gees by jou elke oomblik in die hier en die nou. En sy seёninge ook. Moenie daarop uitmis deur jou hede te verspil op jou verlede nie.
Soos nou, in hierdie tyd van die jaar, staan die natuur op die punt om ’n nuwe seisoen binne te stap. Die winter se dik jas van koue word afgegooi en daar is net iets anders in die lug, die kleure van die vroegoggende, die voёltjies wat vroeёr begin sing. Een van die dae is dit lente!
Ons kan uitsien na pienk perskebloeisels, vlieswolkies wat gaan kom soos ’n belofte vir wattewolke wat later sal volg. En dan reёn en met die langverwagte nat-grond-reuk. . . bloeiselblaartjies soos pienk konfetti gestrooi onder die bome met piepklein vruggies wat wag om te groei, sappig te raak, kleur te kry en hul Godgegewe doel te bereik. . .
Die natuur staan op die drumpel van ’n nuwe begin. . . Wil jy nie ook nou daardie nuwe begin aangryp waarna jou siel so smag nie? Al begin jy alleen, saam met God jou gedagtes verwoord in jou dagboek, op jou selfoon of daardie joernaal waarvan net jy weet. . .
“Here, ek soek na ’n nuwe begin. Iewers langs die pad het ek myself verloor. Ek het weggeraak tussen die “te” van die lewe. Te veel, te vroeg, te min tyd, te veel om te doen. Nou het ek besluit om myself te gaan soek. Ek soek daardie ek wat U bedoel het ek moet wees, dié ek wat u self met U Vaderhande gevorm het om ’n sekere doel hier op aarde te vervul.
Wys my, Here – lei my. Ek moet myself gaan soek, want my lewe móét veel meer wees as wat dit geword het.
Die stukkies van die legkaart om die prentjie van die ware ek te bou, ís daar. Ek weet dit. Ek moet net wag en stil raak en opkyk na U. Daar sál blomblare wees wat U vir my sal strooi, blink klippies om te volg en reёnboog-ligsplinters met ’n prisma van kleure om bymekaar te maak sodat ek kan weet, kan sien, kan leer.
Maar waar begin ek soek, my Heer? Moet ek dalk dáár begin waar ek weet ek die eerste keer teen my innerlike self gekies het om ’n ander se goedkeuring te kry . . .?”
– Gasskrywer
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie