Kan persepsies op die lange duur meer skade aanrig?
Die 2024 nasionale verkiesing – 8 dae se werk vir ons in die media.
Totale ure se slaap: 24
Aantal video’s geneem en onderhoude gevoer: 69
Foto’s geneem: 147
Energiedrankies gedrink: 12
Koffies gedrink: 18
Totale etes (insluitend wegneemetes): 9
Mediakonferensies bygewoon: 9
Snedige opmerkings teenoor die media: 10
Dit alles sodat Namibiërs ’n nuwe president kan kies. Met die laaste fluitjie is die telling 1-0 in die guns van die media – al was dit by tye skraps of ons is oorwin deur die aande wat ons tot anderkant middernag by die Verkiesingskommissie van Namibië se kantoor gewerk het.
Daar is baie om oor die verkiesing te sê, maar die storie wat ek as joernalis nie kan skryf nie is dat mens soms in die lewe die ompad moet vat sodat jy by die voordeur kan in stap in plaas daarvan om kortpad te vat en soos ’n dief deur die agterplaas moet jaag. Dalk nog ’n groter les; die belangrikheid van persepsie.
Dit was ’n rowwe landing vir die regerende party wat nog ’n bloutjie geloop het met die verlies van 12 setels tot dusver sedert die vorige verkiesing. Maar wat sal hierdie rowwe landing vir toekomstige verkiesings beteken?
Of ons daarvan hou of nie, persepsies regeer ons politiek. Daar blyk baie minder rasionele denke te wees agter die keuse van waar om die kruisie te trek as wat ons dalk aan onsself sou wou erken.
Navorsing wat hoofsaaklik in die VSA gedoen is, dui daarop dat iets so eenvoudig soos die lokaal waar jy stem ’n invloed op jou keuse mag hê. Navorsing wat so ver terug as 2008 dateer, het getoon kiesers wat by skole stem meer geneig was om ten gunste van verhoogde befondsing vir onderwys te stem, en dat diegene wat in kerke stem ietwat meer konserwatief stem.
Daar is wel verskeie ander faktore daaraan verbonde, soos dat gebiede met meer liberale steun dalk meer skole het en gebiede wat meer konserwatief is meer kerke kan hê.
Hoewel navorsers dit in ag geneem het, was daar steeds ’n verskil – en in die konteks van Swapo se noue oorwinning met 53% van die stemme, wonder mens tog of persepsies wat tydens vanjaar se verkiesing geskep is daardie 3% in die volgende verkiesing kan wegkalwe.
Dalk plant die persepsie van bande tussen Swapo en die omstrede regerende party van Zimbabwe, Zanu-PF, net die saadjie en sal Swapo se gedrag oor die volgende vyf jaar daardie saadjie natlei of hom laat vrek.
Daar is ’n persepsie dat Swapo met behulp van Zanu-PF kortpad deur die agterplaas geneem het – of dit waar is of nie kan niemand op die oomblik bewys nie. Maar die persepsie alleen is dalk die strooihalm wat die kameel se rug gaan breek en die guns weg van die bevrydingsparty gaan swaai.
?Of ons eerste vrouepresident en haar sogenaamde “comrades” daardie persepsie ruimte gaan gee om te groei of sy suurstof gaan afsny, sal 100% van hulle afhang. Ons in die media sien julle weer oor vyf jaar om te kyk of die saadjie toe ’n boompie geword het.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie