Kanniedood-kompeteerders sterk aangedryf
‘n Wye studieveld oor die menslike vermoëns om verby fisieke en sielkundige beperkings te beweeg, was in die afgelope dae tot die beskikking van enigiemand wat belangstel.
Elke deelnemer wat sy of haar land in die Wêreldkampioenskap van Backyard Ultra-byeenkomste verteenwoordig het, sou van nature reeds iemand wees wat besonders gekonfyt is in sake soos om persoonlike doelwitte te stel en na te jaag.
Mense op hierdie vlak van kompeterende liggaamlike fiksheid ken gewoonlik reeds die waarde om na hul eie liggame te kan luister – maar het ook spesiale motiverings om verby die eerste influisterings in die agterkop te beweeg dat jy darem eintlik al genoeg gehad het.
Vir die laatslapers: Die Backyard Ultra-wêreldspankampioenskap het laas Saterdag gelyktydig weggespring vir 61 deelnemende lande wat elk in hul eie land in aksie was (dit was Namibiese tyd 14:00). Elke land het 15 van sy fiksste en mees beproefde ultra-atlete gekies vir die kompetisie wat die gebruiklike Backyard Ultra-reëls volg.
‘n Roete van 6,7 kilometer is uitgelê waarin “net nog een” baanrondte elke uur, op die uur wag om voltooi te word, vir so lank as wat jy kan aanhou, totdat net een persoon die laaste rondte voltooi.
Daar is dus geen eindstreep nie. Die enigste bietjie rus- en hersteltyd wat jy vir jouself kan skep, is deur die afstand van die vorige rondte ‘n klompie minute voor die spertyd af te handel. Sodra die nuwe uur aanbreek, moet jy weer by die wegspringpunt gereed staan om aan te dui dat jou eindfluitjie nog nie geblaas het nie.
Die kompetisie in Namibië het vir die eerste keer langer as 24 uur aangehou, met drie van die taaiste deelnemers wat ‘n volle dag en ‘n slapelose nag later steeds aan die gang was. Al drie (André Ross, Erich Goeieman en Martin Kalwenya) het Ross se vorige nasionale rekord van 22 baanrondtes in 22 uur oortref, met Ross wat uiteindelik met ‘n totaal van 26 rondes (174 km) die wenner was.
Maandagoggend tussen sesuur en seweuur (Namibiese tyd) was daar wêreldwyd steeds 215 drawwers in 28 lande wat hardnekkig geweier het om halt te roep.
Maandagoggend voor negeuur was 199 drawwers van 24 lande steeds aan die gang, met Kenia die laaste van die Afrikalande wat die stryd gewonne gegee het. Die vasteland se topvyf-lande was Suid-Afrika (326 rondtes), Kenia (319), Namibië (239), Algerië (236) en Zambië (233).
Organiseerders probeer uiteraard die omstandighede só reël dat hul atlete se kanse op sukses maksimaal is. Dit was klaarblyklik ‘n naweek met matige weerstoestande op Swakopmund, wel met ‘n bietjie wind in stadiums, maar sekerlik die naaste wat die land se atlete sou kon kom om op gelyke voet met Europese toestande te kon meeding.
Die kompetisie se voorloper teen Maandag se middaguur, België, het ‘n sterk greep uitgeoefen met elk van sy 15 drawwers steeds aan die beweeg, met reeds 690 baanrondtes vir die land.
Die motivering om jou teen die heel bestes ter wêreld te meet, bring ooglopend die beste uit kompeterende atlete by wie die besef tuisgebring is dat hulle die verteenwoordigers vir elk van hul landgenote is. Hoe meer persoonlik die motivering is, hoe sterker, sal die meeste presteerders kan getuig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie