Kinders van die wind en engeltjies van Gasa
Ons familie het in Januarie ’n nuweling verwelkom met ’n gesonde bos hare, tien vingers, tien tone en longe wat werk.
Dankbaar. Dis wat ons moet wees. Dis wat ons is. Vir ’n gesonde bondel liefde. Perfek geskape. Sy tannie koer al te lekker en geniet die reuk van ’n baba. Die seuntjies is opgewonde om nog ’n nefie by te gekry het en kan nie wag om saam met hom te speel nie.
“Sit hom daar neer dat ons kan karretjies ry,” smeek hulle en ons moet troos en verduidelik dat die baba baie moet slaap om so groot soos hulle te word.
“Maar ek het nie so baie geslaap nie,” laat hoor die jongste van hom. “Ek weet dit ja, ek was daar.”
En terwyl ons dankbaar is, kan ons nie wegskram van die wêreld se harde realiteit nie. Kan ons nie, nee, moet ons nie, die kinders in Gasa miskyk nie. Moet ons nie van hulle vergeet nie.
In Egipte is entrepreneurs besig om geld in te samel om te help waar hulle kan. Een van die entrepreneurs verkoop kussings. Niks moeilik of vreemd daaraan nie, maar elke kussingsloop is ter herinnering aan ’n kind wat in Gasa dood is. Driehonderd kinders. Driehonderd ouerpare, oumas en oupas, tannies en ooms, niggies en nefies, wat nooit weer oor daai bondel liefde kan koer nie. Wat moet vasgryp aan herrinneringe terwyl hulle steeds vir hul eie oorlewing moet veg. Moet veg vir diegene wat nog lewe.
Op die kussingslope se etiket word aangedui hoe oud elke kind was. Die eerste twee kussings wat gewys word, dui aan dat Ameen vier jaar oud was en Gehad drie. Engeltjies van Gasa. Beide seuntjies. Beide so oud soos my eie. Ek kan nie my lewe sonder hulle indink nie. ’n Lewe sonder hulle sal ’n leemte laat. Net soos wat Ameen en Gehad se familie nou ’n leemte het. Moet rou. Waar die hoop nie meer bestaan nie.
Dankbaar, en op my knieë. Dis hoe ouers nou oorleef. En daardie aand wil die seuntjies nie in hulle eie beddens lê nie.
“Jou bed is lekker groot en jy is daar,” verduidelik die oudste. Ek is hier, en hulle ook. Hier by my. En dan deel ek my bed, al beteken dit ek gaan minder slaap. Al weet ek hulle gaan my wakker maak omdat hulle lang stories in hulle slaap praat.
En vir hoe lank nog gaan hulle in my bed kom slaap? Ek weet nie. Vir hoe lank gaan ek dit toelaat? Tot hulle reg is. Tot hulle nie meer daar wíl slaap nie. Tot die monsters in die kas nie meer pla nie.
“Mamma, gee jou arm,” sê die oudste en vryf my arm. Half aan die slaap fluister hy: “Ek is lief vir jou.”
Dit gaan ek koester en bewaar, want wie weet hoe lank het ek dit nog regtig. ’n Aand? ’n Maand? Dalk 6?
Ek is dankbaar vir my kinders, dat ek ’n ma mag wees en ek nie sulke seer ervaar nie.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie