Knorrigheid kortliks verduidelik
“Hoekom gebeur dit met ’n mens dat jy, wanneer jy ouer word, so onverdraagsaam word?”
So vra ’n vriend wat my al jare ken, my uit die bloute die ander dag. Daar kom toe ’n oomblik van diep stilte, want ek probeer toe dink of hy op my persoonlike neigings sinspeel of dalk van homself praat.
Eers probeer ek my antwoord grappenderwys terughou deur slegs te sê: “Oumense het al wat ’n ding is reeds gesien en gehoor en dan raak ons gou keelvol vir al die jakkalsdraaie en gewoonteleuenaars.”
Die geligte wenkbroue en kop wat in my rigting knik maak my toe wys dat hy eintlik ’n meer persoonlike antwoord verwag.
So probeer ek maar ’n verduideliking in my antwoord inwerk.
“Ek praat maar uit eie ondervinding” en toe die geligte wenkbroue verdwyn, trek ek toe weg met my verduideliking.
Die meeste mense hier duskant of dalk skrams anderkant 60 (met verwysing na die twee van ons) het seker oor die jare baie uitlatings en toevoegings aangehoor. Dan dink jy mos later bietjie na oor dit wat gesê is en berei jouself voor vir enige soortgelyke onaangename omstandighede. Veral in die geval waar jy in die eerste plek vir die ander persoon geen vinnige antwoord gehad het nie.
In my beskeie mening probeer ’n mens dan ’n soort reaksie uitwerk wat van so ’n aard is dat dit nie aanstoot sal gee nie, maar tog wel jou oumensgedrag beter verduidelik.
Dink nou maar aan al die slimstories wat bedelaars en kansvatters deesdae in hul taal verweef. Dit gaan dan mos daaroor om iets uit jou te kry wat jy eintlik nie wil of kan afstaan aan hulle nie. Of om jou soort van “vrywillig te verplig” om in hul guns op te tree. Die ding is met my; ek word op die plek kwaad.
Sommige van my vriende probeer my mos met vleitaal oorreed om ’n uitnodiging te aanvaar na ’n geleentheid waaraan ek glad nie graag wil deelneem nie.
Ek is eintlik van nature ’n huismens en ek is oortuig daarvan dat ek lankal die huis gevind het waar ek graag wil agterbly wanneer ander wil reis of kuier of selfs partytjie hou.
Ek sukkel dikwels om nee te sê (behalwe as my kinders my nooi). Die feit bly staan, ek verlang vreeslik na my volwasse seuns, want hulle hou vir hulle so besig dat ek hulle te min sien.
So sluit ek toe maar my relaas af met dit waarmee ek begin het. Ek is nie meer lus vir nonsens nie, want hier op my oudag ervaar ek ’n vreeslike irritasie sodra die spreker se versinde verhaal met leuens deurspek raak. Self wanneer die hele storie van meet af na die waarheid klink, raak ek gou verveeld met lang stories. Maar dis nou maar net ek. Ek ken nie ander mense se harte nie. – [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie