Koebaai, oulap-vreugdes
Sê maar net 30 jaar gelede
Des Erasmus – Per grasie is daar toe uitstel vir die Slag van die Pennie. Miskien steek sy laaste nasaat Februarie lepel in die dak.
Miskien is daar nog ’n effense suurstoffie vir ’n bietjie langer.
Ek praat van Namibië se nuwe geldeenheid met sy gelukkige bande met die verlede. Die nuwe dollar-note staan klaar sterk in die handel. Dagsê aan oorle kaptein Hendrik Witbooi daar op die voorskyn en groetnis aan die rand met wyle Jan van Riebeeck doer van die Kaapse waters. Dit was ’n aangename samesyn, maar die kys is nou uit.
Die kaptein is ook om ’n ander rede welkom in die beursie. Daar staan op veelkleurige geskrywe Kaptein Hendrik Witbooi. Dis suiwer Afrikaans, maar waaragtig eg soos wat die byderwetse Engels vreemd sou klink – captain Henry Whiteleg of Chief Hendry Whitebone.
Dankie ook vir die raak Springbok pleks van die gemaakte Springbuck. En laat ons maar by die diereryk hou, aangesien die enigste erkende Engelse vorm van Springbok ’n spesifieke verwysing na Suid-Afrikaanse sportlui is. En hulle is desedae nie aldag veel werd nie.
Maar ’n springbokram wat pronk oor die duinewêreld is pure springbok met ’n ô (so van agter gekyk).
Die taalbonus is net rente op die dollar.
Dis daai pennie.
Kom Februarie, val daar ook ’n paar munte op die kis van Van Riebeeck. Dan word die 5c-stuk die kleinste muntjie, Koebaai, een sent! Koebaai, pennie!
En saam met die pennie gaan ’n hele klompie goed uit die volksmond en ander liggaamsdele verdwyn. Want daar was ’n tyd dat net ’n pennie die toiletdeure van die vergange spoorwegstasies kon ontsluit, Dit was ’n stasiebelewenis in ’n tyd dat gleuftransaksies skaars was en moderne parkeermeters eerder gebruik sou word om ryperde aan vas te maak.
’n Grappie van daai tyd.
Vraag: Wat is die definisie van “jive”?
Antwoord: “’n Ou wat met ’n gebuigde pennie voor ’n stasietoilet staan.”
Die pennie het sy waarde gehad. Oulap se rooi maak mooi. So stap Mooi Annie met haar boepens-beursie af rokwinkel toe.
Vir ’n pennie kry ’n man ’n kardoesie vol grondboontjies, twee boelsaais (eintlik is dit Bull’s Eyes, maar ons en die winkelman sê boelsaais) en vier Wilson-blokkies. Hulle dra sulke Skotse rokkies.
En op Engels sê hulle: “Penny for your thoughts.”
Kom die nuwe munte, gaan dit minstens 5c vir iemand se denke kos. Die prys gaan styg, dus dink tog ’n bietjie. – 1 Oktober 1993

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie