Kom saam . . .
Theresa van Zyl – Dis nie ons omstandighede of die moeilike terrein van ons lewenspad of die stormseё van die lewe wat ons gereeld moet trotseer, wat van belang is nie.
Al wat op die ou einde tel, is dat ons by ons eindbestemming uitkom, die doel van ons lewe bereik. Dan, en nét dan, was alles die moeite werd en kan ons uitsien na die “Mooi so . . .” aan die einde van ons aardse asem.
Kom, vat vandag my hand en stap saam met my op hierdie metafoor-pad ons nuwe seisoen binne. . .
Heer, laat my asseblief deur die krag van U Gees en deur die voorreg van U genade, elke verslete droom optel. My drome wat soos vergete, eens geliefde poppe teen die doringdraad van ’n té harde realiteit vasgegooi is. Party is toegewaai met die smerige stof van hierdie aardse lewe met sy leё beloftes, vals fronte en lugspieёlings van kastele wat in der waarheid slegs ruїnes was. Wrede, gevoellose skêre het sommer net geknip om te knip aan die goue of blink-bruin of raafswart lokke van prinses-poppe. Deur satyn, deur fluweel, deur sag-gestopte lyfies.
Here, ek wil hierdie seisoen van lokkende oorbegin opstaan uit die roet en die roes, die stof en die bloed. My siel wil ophou staar deur die konsentrasiekamp-draad van my gebreekte pop-wêreld van drome. Hierdie nuwe siesoen wil ek iets daaraan dóén, Here! Ek wil die draad oopknip en wydbeur totdat ek kan inklim tot binne-in die chaos. Tot binne-in die vergetelheid wat nie ophou bestaan het, net omdat ek gekies het om nie daarna te kyk nie, nie daaraan te dink nie.
Ek gaan met emmers vol skoon water, ontsmettingsmiddel en nuwe, skerp lemmetjies afstap op elke pop-droom. As ek hul moet lossny uit die doringdraad, dan doen ek dit. Ek sal die dowwe oё skoonwas met geurige seepwater, totdat die vaal plek maak vir die blou-glas wat ek weet steeds daar iewers moet wees. Geskeurde rokkies kan uitgewas en reggemaak word. En as dit té stukkend, té op is, dan gooi ek dit weg. . . Hoekom die hele pop verloor as dit net die klere is wat nie meer vir haar werk nie, nie meer ’n doel dien nie?
Kaalgestroop, skoongewas en dan. . . stuk-stuk kan nuwe kleertjies aangeskaf word. Die haartjies kan netjies gesny word – nou wel nie meer lokke en linte nie, maar skoon en blink en anders-mooi.
Ek gaan my poppe een-een loop en optel, Here. En terugbring huistoe. Elkeen weer leer ken, selfs ’n nuwe naam gee en ’n nuwe ruimte om verder in te leef. Versorg, tevrede, geliefd. Wel nie mee in ’n sprokiespaleis nie, maar ook nie in ’n konsentrasiekamp nie. ’n Sielshuis in groen weivelde langs waters waar daar rus is.
’n Sielshuis waar elke pop weer kan póp wees en kan lewe om iewers ’n kind of ’n grootmens te laat uitsien na ééndag, te troos, te vergesel na ’n mooier môre . . . weer te laat glo in die liefde. Soos Dostojefski gesê het – “om iemand lief te hê, beteken dat jy hom sal sien soos God hom bedoel het om te wees”.
Baie dankie dat dit nog nie te laat is nie, Here. Want terwyl daar asem en lewe is, kán dit nooit te laat wees nie. Dankie dat drome steeds vir ons wag om met ’n nuwe verwagting voort te gaan na hoogtes en prag waarvan ons nog nie eens weet om oor te dink of te bid nie. Maar U weet en dit is genoeg vir my en vir hierdie kosbare mens wat nou hier lees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie