Koop dan die tyd uit
Sê maar net 30 jaar gelede
Juanita du Plessis – Meer as ’n twaalfde van die jaar hoort tot die verlede.
Onherroeplik verby en dus is dit nie moeilik om dit wat verbrou is, reg te stel nie.
Intussen tik die sekondes een vir een verby en kom ons almal nader aan ons einde.
Dit is ironies hoeveel mense, veral jong mense, vandag sê hulle wil nie eendag wanneer hulle oud is, op die stoep sit en sanik oor al die dinge wat hulle in hierdie kort lewetjie nog wou doen, maar nie by uitgekom het nie.
Asof hulle rêrig weet of hulle so oud gaan word dat hulle op die stoep sal kán sit en kyk hoe hul kleinkinders speel!
En dan wonder ek ook of hulle besef dat die mens grootliks ’n ondersoekende wese is en daarom nooit tevrede sal wees met dit wat hy in die lewe bereik het nie.
Hoekom lyk die gras dan áltyd groener aan die ander kant van die draad?
’n Mens sal moet oppas dat jou vingers nie in soveel gate ingedruk is dat hulle verbrand nie. Om ’n ding deeglik te doen, verg beplanning en tyd. En selfs al is die beplanning oor en oor deurgegaan, loop dinge soms nog skeef. Hoeveel groter is die kans dan nie dat al die duisend en tien dinge waaraan jy gelyk wil werk, op ’n groot mislukking gaan uitloop nie?
Die lewe is te kort om te ver vooruit te beplan, maar ook heeltemal te onvoorspelbaar om glad nie te beplan nie.
Amper alle mense meet die lewe op hul eie manier, maar dié wat dit nie eens doen nie, sal dalk eendag wakker skrik en tot die gevolgtrekking kom dat dit weens dié versuim is dat alles vir hulle na ’n gejaag na wind voel.
As die mense wat nou en dan oor hul lewens besin, alles tot hul beskikking nie eens honderd persent kan benut nie, hoeveel te meer dié wat net by die koor inval en met die stroom meegesleep word.
“Die lewe is wat jy daarvan maak.” Watter bekende woorde is dit tog nie! Maar dit lyk my dit is nog nie genoeg herhaal dat dit by die samelewing kon insink nie.
Wie kan ná die eerste maand van die jaar werklik wanneer hy terugkyk sê dat hy trots of tevrede is met dit wat hy dusver in 1994 bereik het? As ’n mens dan nie nou, aan die begin van die jaar, tevrede is nie, hoe gaan die prentjie teen die middel van die jaar lyk. Of nog erger, aan die einde van die jaar? ’n Mens moet maar in gedagte hou dat die lewe en die jare nie teen ’n slakkepas beweeg nie. Inteendeel! Ons staan in Februarie.
Kom ons kyk. . . – 3 Februarie 1994

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie