Kristien en haar hofpen
Ek is ’n joernalis wat weekliks tussen hofsale beweeg en sien dit as my plig om vir die mense daarbuite te vertel van die interessante, en soms grusame, sake wat in ons howe aangehoor word.
Ek weet mense het nie tyd om verhore te volg of ure lank in die hof te sit en luister na getuienisse en uitsprake nie. Daarom probeer ek om Republikein se lesers op hoogte te hou van die nuutste verwikkelinge.
Ek beskou myself as die gewilde smaakmaker van Instagram, “Lisa met die rooihare”, van hofsake – “Ek luister heeldag na Fishrot, sodat jy nie hoef nie!”
Ek wens ek kon dit ook eerder met ’n glasie wyn in die hand doen. Dalk is “Kristien en haar hofpen” ’n beter titel?
Ek dink baie mense weet nie waar ons trek met Fishrot en waarom dinge so sloer nie. Ek bedoel, dis al vier jaar sedert hulle in hegtenis geneem is. Weet die publiek ooit hoeveel Fishrotters daar is?
Moenie warrie nie – ek gee hier vir jou ’n vinnige opsomming van die verwikkelinge in die saak.
Kom ons begin by die begin – die Fishrotters is tans tien en nege van hulle is in aanhouding by die Windhoek Sentrale Gevangenis sedert einde 2020 (sommige begin 2021).
Slegs een is in Desember borgtog toegestaan – Nigel van Wyk – wat ek beskou as van die minder belangrike figure in die beweerde korrupsieskandaal.
Een van die beweerde grootkoppe, Ricardo Gustavo, was vlugtig vry op borgtog nadat ’n regter in die hoërhof sy borgtogaansoek toegestaan het. Ná ’n paar maande by die huis, het die hooggeregshof sy borgtog teruggetrek nadat die staat ’n appèlaansoek gebring het. Hy is daarom terug agter tralies.
Nou om by die verhoor te kom – die saak is al deur verskeie regters se hande en dit blyk dat die Fishrotters ontevrede was met elke liewe een van hulle. Die regterpresident het daarom ’n Zimbabwiese regter ingebring om die Fishrot-verhoor te behartig en die saak was geskeduleer om in Oktober verlede jaar uiteindelik te begin.
Ná nog ’n uitstel, het dié regter, Moses Chinhengo, sy voet neergesit en gesê dat die verhoor in Desember sal begin – of die verdediging en die beskuldigdes nou reg is of nie.
In Desember was talle van die Fishrotters onverteenwoordig, want die beskuldigdes het glo nie meer geld om hulle private prokureurs te bekostig nie. Chinhengo besluit toe om in elk geval voort te gaan met die aantekening van pleidooie sodat die verhoor uit die wegspringblokke kan kom.
Die Fishrotters het egter geweier om te pleit en Chinhengo het namens hulle ’n pleit van onskuldig aangeteken.
Ontevrede met Chinhengo se besluite en optrede, het een van hulle ’n aansoek gebring dat die regter homself aan die saak moet onttrek. Die regter fokus glo net daarop om die verhoor af te handel sonder om hulle regte tot ’n regverdige verhoor in ag te neem.
Oh en, hy het aangevoer dat Chinhengo partydig is en reeds besluit het hoe die verhoor sal eindig.
Die verhoor kon nie voortgaan voordat hierdie onttrekkingsaansoek nie afgehandel is nie, so dit het weer eens alles vertraag.
Dinsdag het Chinhengo wel die aansoek van die hand gewys en gesê hy het ’n plig om te verseker dat die verhoor vorder en dat hy ingevolge die Strafproseswet gemagtig was om ’n pleit van onskuldig namens die beskuldigdes aan te teken. Hy meen ook sy optrede het niemand benadeel nie en hy in die belang van die beskuldigdes, die publiek en geregtigheid opgetree het deur die verhoor aan die gang te kry.
Die Fishrotter wat die aansoek gebring het se prokureur het sommer direk ná die uitspraak aangedui dat hulle nie tevrede is nie en van plan is om teen die uitspraak te appelleer. Indien ’n appèlaansoek gebring word, sal die verhoor weer eens vertraag word.
Vir tyd en wyl is die Fishrot-verhoor tot April uitgestel. Ek hou julle op hoogte!
“My wyn is klaar, so hierdie episode is klaar!”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie