Kyk hoe ly die kindertjies
Kinderdag is ’n spesiale dag om kinders en hul regte te vier.
Terwyl Wêreldkinderdag onlangs herdenk is, klap die skote en reën die vuurpyle op Gasa en Israel neer. Die aanvalle gaan nog steeds voort.
Die Verenigde Nasies (VN) se algemene vergadering het Wêreldkinderdag op 20 November 1959 ingestel.
Die dag is geskep om die regte van die kind asook die welstand van kinders te bevorder en moedig internasionale samewerking aan.
Ek vra myself: “Waar is daardie samewerking waarvan daar gepraat of na verwys word?”
Oorlogvoering het reëls maar dit lyk nie vir my daar bestaan enige riglyne vir die gevegte wat tussen Gasa en Israel woed nie.
Ek is nie hier om kant te kies vir of teen die mense van Gasa of die Israeli’s nie.
My hart is egter stukkend weens die duisende onskuldige kinders se lewens wat daagliks kortgeknip word deur die katastrofiese humanitêre konflik wat besig is om af te speel.
Ek voel soos ’n hulpelose toeskouer wat ’n riller op TV kyk. Die nuus het vir my in ’n nagmerrie ontaard.
Die bloedbad en verwoesting se einde in nie in sig nie, met meer as 4 000 kinders wat reeds hul lewens verloor het.
Meer as 40 persent van dié wat tot dusver gedood is, is kinders en ’n geskatte 9 000 jongmense is gewond.
Daar word glo 1 800 kinders vermis, hulle is vermoedelik onder die puin begrawe.
Gasa se gesondheidstelsel het ook gevou. Dit is op verskeie plekke heeltemal verwoes en bestaan nie meer nie. Hospitale het in begraafplase verander en van die pasiënte word glo verder gewond in hulle siekbeddens. Soos die Israeliete uit die kloue van Farao na die beloofte land gevlug het, vind babas in broeikaste, soos Moses in sy mandjie, nou skuiling in Egipte.
Ja, ons het vrede hier in Namibië en darem nog hospitale, al val van hulle uitmekaar en baljaar die rotte soms daar rond.
Hier by ons werk die broeikaste en lewer hulle die nodige beskutting vir babas wat vroeg gebore word. Die kinders word nie blootgestel aan enige konflik nie. Daar is doodse stilte in die gange.
Wanneer daar nie medisyne beskikbaar is by die hospitale nie, kan daar darem ’n plan by ’n apteek gemaak word.
Die water loop, al loop dit soms drup-drup by die krane uit.
Ten spyte van die ontydige kragonderbrekings wat nou en dan opduik, is daar elektrisiteit. Van ons paaie het slaggate maar hulle is bruikbaar. Buite speel die kinders nog vrylik in die strate rond.
Ja, ek woon in Namibië en nie in Gasa nie, en daarvoor is ek dankbaar. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie