Kyk wie’s terug!
Leandrea Mouers –
Hallo liewe leser
As iemand my ’n jaar en ’n half terug gesê het dat my gesiggie weer onder die “Sê Maar Net-banier” sou verskyn, sou ek baie hard gestry of gelag het.
Omtrent ’n jaar en ’n half gelede het ek koebaai gesê – sommer vir alles. Skryf, stories vertel, video’s maak, onderhoude doen – joernalistiek. Alles.
Ek was baie kwaad, hartseer; soos dit mos maar met enige “break-up” is. Die een wil nie “let go” nie, maar die een is baie gou om die ander een uit te gooi.
In daardie tyd wou ek net Mamma wees, met geen “deadlines” en “pressures” nie, net Mamma wees. En dit was só goed vir my siel.
Dit was ook baie hard, maar broodnodig vir my siel. Ek was vasbeslote dat ek joernalistiek finaal vaarwel geroep het. Soos ek gesê het, ek was klaar. Kant en klaar.
Maar op 1 Augustus 2023 begin ek toe weer skryf, die keer by die plaaslike koerant in Walvisbaai, Namib Times – die plek waar ek heel eerste begin skryf het en die liefde gekry het om mense se stories te vertel.
En ’n paar maande later, 1 April 2024 – hier is ek.
So, wat’s my punt?
Ons het ’n neiging om vas te hou aan dinge, aan mense, wanneer dit duidelik tyd is om te laat gaan. “To let go forever” of in my geval om net ’n “break” te vat en om weer perspektief te kry.
Die Liewe Heer moes my letterlik “full circle” vat sodat ek net weer eens kon besef hoekom ek doen wat ek doen.
Psalm 139:16 sê: “U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in U boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is.”
En daar is soveel troos in die vers – want Hy het al voordat ek gebore was, geweet hoe lyk my dae op hierdie aarde.
Ek het so vasgeskop teen die feit dat dit my passie was om ’n joernalis te wees. Wanneer ek nou terugdink, kan dit moontlik wees hoekom dit so moeilik was om weg te stap.
Maar ook, ek moes dit doen, want as ek nie daardie tyd die keuse gemaak het om weg te stap nie, sou ek so baie gemis het.
Leanna, my jongste, is nou twee jaar oud, en in daardie tyd kon ek die “front row seat” kry om te sien hoe sy begin loop. Waar met my oudste, Sallea, moes ek dit op ’n video sien.
In daardie tyd het ek ’n boek geskryf Her Redemption, wat tans weer eens “under revision” is.
Ek kon nuwe waardering kry vir die eenvoudige dinge in die lewe. En ek kon ’n sterker, dieper verhouding met my Hemelse Vader kweek.
As dit nie vir hierdie tyd was nie, waar ek net Mamma kon wees, en toe net weer skole- en gemeenskapsjoernalis, glo ek ek sou nie nou weer hier gewees het om ’n rubriek vir julle te skryf nie.
My storie word steeds geskryf, maar die “moral” van dié storie, God ken die goeie planne wat Hy vir jou het; die liefde en passie wat jy vir iets het, kan jou die seerste maak; en maak nie saak hoe donker dinge raak nie, daar is ALTYD lig aan die einde van die tonnel.
So, wanneer iemand my weer vra: “Ek sien jy is terug”, sal ek eenvoudig net antwoord “we were on a break”.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie