Laat daar lig wees
Die skrif was op die muur met ’n duidelike waarskuwing van dit wat sou volg.
Die streek se elektrisiteitsverskaffer het lank voor die tyd in die sosiale media en ek glo stellig op die draadloos ook, luidrugtig laat weet en gewaarsku dat die kragtoevoer gesny gaan word tussen 08:00 en 16:00 op die betrokke dag in Narraville en ander dele van die hawedorp.
Die stelsel by een van die substasies moet opgegradeer word, is verduidelik. Liewers ’n paar ure van ongerief as dae van duisternis, het ek my gewete gesus.
Die rooi “gevaar”-liggie het dof geflikker daar diep binne-in die duisternis van my agterkop. Toe die groen liggies op my skootrekenaar en die 4G-Netman-stokkie onverstoord vir ’n wyle aanhou brand ná die beloofde afsnytyd, was my hart vol hoop.
Ek werk nog so onverstoord voort en kaplaks word my vrede versteur. Daar volg ’n doodse stilte. Die draadloos is morsdood en die gesuis van die yskas kan nie meer gehoor word nie. Ek hoor die kraan in die kombuis drup en besef die voëltjies sing luidrugtig buite.
Ek begin gou my opsies oorweeg. My skootrekenaar wys vir my sy battery is gelaai en daar is krag vir sowat twee en ’n half uur op bystand. My batterybank is gelukkig altyd vol gelaai, so my selfoon is vir nou uitgesorteer. Die internet is ook nog aan, dus is daar hoop en ek beur vorentoe met my dag se take.
Toe die sirene skree dit is al middag (13:00), besef ek die krag is mos nog iewers anders op die dorp steeds aan. Daar is dus meer hoop vir my en sou dit moet, sal ek iewers vir ’n kragprop kan gaan soek, berus ek myself.
Teen vieruur die namiddag toe die radio weer begin blêr, kan ek my indink hoe ons buurland aan die suidelike punt van Afrika se mense – wat gereeld en met fases in totale duisternis toegewikkel word – moet voel.
Ek glo hier by die kus is ons nog – vir nou – aan die veilige kant, maar wonder vir hoe lank ons nog in die lig gaan wandel ten spyte van die munisipaliteit se versekering dat die hawedorp tog sy NamPower-rekening getrou gestand doen.
Toe die donker kom sak, skakel ek die ligte aan. Die geiser se water is nou lekker warm en ek kan die dag se stres gaan wegstort!
“Power to the people.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie