Laat die bal rol
In Narraville is die gras by die rugbystadion daarmee heen.
Dit nadat reënwater ’n paar jaar gelede vanaf die paaie op die hawedorp – waar ’n dreineringstelsel ontbreek – opgeslurp en toe daarop uitge(spoeg)pomp is.
Die groenigheid is nou ’n valigheid en die Kudus wat gewoontlik daar gewei het, is nou skoonveld op soek na ander weiveld. Die trop is glo eers pad op Swakop toe en wei deesdae by die Laerskool Walvisbaai se velde.
In die kleedkamers en by die klubhuis word dakloses gehuisves en dit is glo die coronavirus se skuld. Ons dra lank nie meer maskers nie. Entstowwe, isolasie en kwarantyn is iets van die verlede.
“At least” skyn die spreiligte nog helder en in die tussentyd is daar ook ’n ringmuur rondom die twee stadions gebou wat die debakel wat nou daar afspeel, weg van dwalende oë hou.
Kuisebmond-stadion beleef ook al vir ’n geruime tyd geen aksie nie. Tog is daar aansienlike bedrae openbare geld ingepomp. Die netbalvelde is ’n tyd gelede opgeknap en dit lyk sommer spiekeries. Vir hoe lank weet die almagtige Vader alleen, want die vandale se hande jeuk mos alewig!
Op die Jan Wilken-stadion word die sitplekke herstel. “Nou waarom dit dan die tyd doen met wedstryde wat gereeld plaasvind? Dis mos goed wat in die af-seisoen moet gebeur,” vra ’n toeskouer. “Ja-nee! Geen of sommer net vrot beplanning. Fire die hele lot!” kap iemand anders terug.
Die afrigter van Tura Magic vertel egter vir my dat die veld by Jan Wilken een van die bestes in die land is. “Julle het ’n groen tapyt hierso en is baie gelukkig om dit te kan hê. Ek sê vir jou, ons het onlangs uit gaan speel en moes harde klippe kou op daai vlakte op Otjiwarongo. My spelers was behoorlik nerfaf ná die wedstryde daar.”
Dit laat my besef dat die Atlantis-, Sparta-, en Playtime-gronde en Walvisbaai Krieket Oval, sowel as die rolbalveld ook nogals bogemiddeld goed lyk. “Wat maak dinge by dié fasiliteite anders,” wonder ek.
Op ons buurdorp Swakopmund, lyk dinge ook oukei. Verskeie atletiekbyeenkomste is op die Vineta-stadion gehou en ek het onlangs ’n vrouesokker-ligawedstryd by die Mondesa-stadion gaan geniet.
Ja ne! Ons kan darem nog sport speel én kyk hier by die kus. In Windhoek is die grote Onafhanklikheidstadion glo net geskik vir politieke geleenthede terwyl dit wag om opgegradeer te word.
Die Brave Warriors se afrigter, Collin Benjamin, het dit baie mooi gestel: “Om te droom en om werklik die werk te doen, is twee verskillende dinge. Kom ons sit die twee bymekaar en laat dit gebeur.”
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie