Laat elke druppel tel
Zoë Karsten – Bloed kruip waar dit nie kan loop nie. Bloed stollende gille. Bloed aan jou hande.
Ons het al almal hierdie gesegdes en sêgoed gehoor, en moontlik self op menige geleenthede gebruik sonder om veel ag op die woordjie “bloed” te slaan. Maar “bloed” is in my are.
Elke 56 dae staan ek die oggend met ’n bruisende gevoel in my are op, dis bloedskenkdag! Die kalender is al in Januarie met ’n groot vet rooi kring om elke 56 dae gemerk. Met bittere teleurstelling moes ek egter dié week by die ystertoetsstasie omdraai, my telling was te laag en ek kon nie bo die towersyfer van 12.5g/dL uitkom nie. Ek is passievol oor bloedskenk, al doen ek dit nou maar nog net vir drie jaar. Vir party mense klink dit of ek vampiriese neigings het, want ek kan nogal passievol raak in my motivering of as bloekskenking negatiewe kommentaar uitlok.
Tydens my jaar as Mej Tiener Namibië was dit veral vir my belangrik om by my belofte te bly en “die jeug in Namibië te motiveer om aktiewe bloedskenkers te word”. Dit was heelwat moeliker as wat ek verwag het.
My leuse “lei deur ’n voorbeeld te wees” was toe nie so eenvoudig nie. Met motiveringspraatjies en bloedskenkveldtogte by anders skole het ek soveel meer sukses gehad as onder my eie vriende. Hoekom was ander skole so gereed maar nie die mense naaste aan my nie? Ek het soms gevoel asof ek nie regtig mense kan inspireer nie, ek is eintlik maar soos enige iemand anders, dié keer net met ’n kroon op my kop.
Die gesegde dat ’n profeet nie in sy eie land geëer word nie, het nog nooit soveel waarheid ingehou as in daardie tyd nie. Verskonings onder die kinders was legio. In my gedagtes het ek gedink, “hou op om ’n bangbroek te wees en doen dit net!”
En dan is daar mos altyd daai “vrees vir naalde-storie”.
“Maak net jou oë toe, duh! dan sal jy mos nie die naald sien nie.” Skuus, raak ek nou weer bietjie passievol.
My medeskoliere het egter toe dit saak gemaak het, hul kant gebring en na ’n uiters suksesvolle skenkersveldtog by my skool, al my onsekerhede laat verdwyn.
Dis nou twee jaar nadat ek gekroon is en steeds lê bloedskenk my baie na aan die hart. Ek praat, vertel en wys daar waar die geleentheid hom voordoen.
Het jy geweet dat iemand in Namibië elke paar minute bloed nodig het? Dit beteken teen die tyd dat jy hierdie rubriek klaar gelees het, iemand ’n bloedoortapping nodig gehad het. Dis hierdie statistieke wat my gedwing het om reguit apteek toe te gaan om ’n ysteraanvulling te kry. Ek wil nooit weer daardie magtelose gevoel ervaar wanneer daardie druppeltjie nie wil sak nie. Om bloed te skenk is veilig en maklik. Dit neem nie lank nie, tussen 15 en 30 minute en almal wat al ooit geskenk het, sal beaam dat die sjokoladekoekies wat jy saam met jou sap of koeldrank kry, die beste in die land is!
Ek hoor almal se verskonings en motiverings om dit nie te doen nie, maar kom, daag jouself uit en doen dit net! Dis vier keer per jaar en die neem ’n bietjie van jou tyd in beslag.
Kom stap saam met my, kom ons maak ’n verskil, en kom ons red saam lewens. Oorweeg dit om vandag bloed te skenk en wees deel van iets groter as jyself. #BeABloodBuddy en onthou #YouAreAlwaysSomeonesType.
Sien jou gou weer suster Clary, ’n ystertekort gaan my nie onderkry nie.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie