Lag Saam (002)
Lag Saam (002)

Lag saam

Februarie 2011: Grappe destyds deur wyle Fanus Rautenbach:

Die vrou is in haar rok ingegiet . . . hulle het net vergeet om op te hou.

* * *

Ek ry een oggend vanaf Warmbad na Pretoria. Kort-kort druk iemand voor my in en dan val ek maar terug en gee die ou die plek. Toe ek weer sien, is ek terug in Warmbad. . .

* * *

Koos kom die oggend laat by die werk. Sy baas keer hom voor en sê: “Jy's 'n halfuur laat!” waarop Koos antwoord: “Toemaar Meneer, ek sal vanmiddag 'n halfuur vroeër loop. . .”

* * *

Op “Flink uit die Vere” se sewende verjaardag vra hulle my wat wil ek eendag as grafskrif hê. Ek antwoord: “Hier lê Fanus. Vir die eerste keer in sy lewe is hy dood. . . ernstig.”

* * *

Anna Neethling-Pohl was net so erg oor Afrikaans – darem nie so erg soos ek nie. Toe vra ons vir haar wat dan van woorde wat nooit sal uitsterf nie, soos oukei en orraait. Sy was reg met ´n antwoord: “Oukei is orraait, maar orraait is nie oukei nie.”

~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van HermanH, uit Clean Laffs:

Sielkundiges glo nou dat volwassenheid by 25 'n aanvang neem, nie 18 nie. Hulle glo ook dat die middeljare begin sodra jy by 'n Kentucky Fried Chicken-kitskos eet terwyl jy nugter is. – Conan O'Brien

* * *

Die Amerikaanse regering het 'n nuwe webwerf bekend gestel. Dit voorspel jou finansiële waarde nadat jy gegradueer het. Dit gee jou 'n syfer en sê jou by watter Starbucks jy sal werk en vir hoe lank. – Conan O'Brien

~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer