Lag Saam (002)
Lag Saam (002)

Lag saam

Van NadineE:

Drie vergelykings uit Namakwaland:

* Sy T-hemp is te klein: Hy lyk soos ’n waatlemoen in clingwrap.

* Groot ou op 'n fiets: Hy lyk soos ’n waatlemoen op 'n koevert.

* Ou met 'n langerige gesig: Hy’t 'n gesig soos 'n kerkvenster.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Gesien op die intenet:

Hoekom moet spoke stoele rondskuif en goed rondgooi? Hoekom kan hulle nie liewer skottelgoed was en vloere vee nie?

~~~~~~~~~~~~~~~~

Wyshede uitgespreek deur Ronald Reagan:

* Een foto is 1 000 ontkennings werd.

* Werkloosheidsversekering is 'n voorafbetaalde vakansie vir leegleêers.

* Regerings los nie probleme op nie, hulle herrangskik hulle net.

--------------------

Spitsvondighede uitgespreek deur Rita Rudner:

* Ek is uit die balletklas uitgeskop omdat ek 'n liesspier verrek het – en dit was nie eens myne nie.

* In Swanemeer was ek die lewensredder.

* Ek was 'n vegetariër totdat ek agtergekom het ek begin na die sonlig toe

oorleuen.

* In die meeste gevalle smaak kalkoen die volgende dag lekkerder; my ma

s'n het die vorige dag lekkerder gesmaak.

* Mans sal kook as dit gevaarlik is om dit nie te doen nie.

~~~~~~~~~~~~~~~~~

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer