Lag Saam (002)
Lag Saam (002)

Lag saam

Nuus uit Pietermaritzburg:

Ons het die afgelope week soveel reën gehad, ons slaggate is oral 90% vol.

~~~~~~~~~~~~~~~~

Gesien op FB:

* Die roemryke vegskip Mosva, bevorder tot duikboot.

* Ons is so lank al vriende dat ek nie meer kan onthou watter een van ons die slegte invloed is nie, , ,

~~~~~~~~~~~~~~~~

Uit au.toluna.com:

Uit die wenkeboek vir vrouebestuurders:

* Die truspieëltjie is nie bedoel om jou hare, oogskaduwee of onderlaag na te gaan nie.

* As jy sien hulle flits vir jou ligte is dit waarskynlik nie om hello te sê nie, maar omdat jy iets verkeerd doen.

* * *

My vrou het 'n vanoggend die kar gestamp. Sy het agteruit uit die garage uitgery maar vergeet dat sy gisteraand agteruit ingetrek het.

~~~~~~~~~~~~~~~

Nog juweeltjies uit eksamenantwoorde, uit doc.ic.ac.uk:

* Algebraïese simbole word gebruik wanneer jy nie weet waarvan jy praat nie.

* 'n Sirkel is 'n lyn wat sy ander kant sonder einde ontmoet.

* Die maan is 'n planeet net soos die aarde, net nog dooier.

* Vir breuke: Om te sien of die been gebreek is, wikkel dit sagkens heen en weer.

* Vir neusbloeding: Plaas die neus baie laer as die liggaam.

~~~~~~~~~~~~~~~~~

Wyshede uitgespreek deur Ronald Reagan, uit Goodreads en Brainyquote:

* Hulle sê die wêreld het te kompleks vir klinkklare oplossings geword. Hulle is verkeerd.

* Die regering vind altyd 'n behoefte wat pas by die geld wat hulle het.

---------------

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!