Lag saam
Van HermanH, uit Clean Laffs:
Polisie in Kalifornië het 34 000 daggaplante verbrand wat in 'n staatspark gegroei het. Die polisie was baie kwaad daaroor dat hulle so hard moes werk om so baie te verbrand, maar net totdat die wind van rigting verander het. - Jimmy Fallon
~~~~~~~~~~~~~~~
Nog eksamenflaters:
* 'n Superversadigde oplossing is een wat meer hou as wat dit kan hou.
* Die inwoners van antieke Egipte is mummies genoem. Hulle het in die Sarah Dessert gewoon en het deur Camelot gereis. Die klimaat van die Sarah is sodanig dat die inwoners elders moet woon, dus is sekere gebiede van die Dessert deur irritasie gekweek. Die Egiptenare het die piramides in die vorm van 'n groot driehoekige kubus gebou. Die Piramides is 'n bergreeks tussen Frankryk en Spanje.
* Dou word op blare gevorm wanneer die son op hulle skyn en hulle laat sweet.
* Vegetatiewe voortplanting is die proses waardeur een individu 'n ander individu per ongeluk vervaardig.
~~~~~~~~~~~~~~~
Uit jilljuck.com:
Die onderwyser vra: “Gee my 'n voorbeeld van toeval?” Leerling: “My ma en pa is op dieselfde dag getroud.”
~~~~~~~~~~~~~

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie