Lag saam
Van HermanH, uit Clean Laffs:
'n Man is in Florida gearresteer omdat hy met sy motor in 'n inkoopsentrum ingejaag het. Hy het aan polisie verduidelik hy het probeer om in tyd te reis. Hy is laf. As jy 50 jaar die toekoms in wil reis, verlaat net Florida. – Seth Meyers
~~~~~~~~~~~~~~~~
Uit ons argief van November 2011:
Van HermanH, uit Clean Laffs:
Die toeris in Londen klim in 'n taxi en sien op 'n plaatjie dat sy taxibestuurder se naam “Winston Churchill” is. Hy probeer praatjies maak en sê: “Ek sien jou naam is Winston Churchill.” Die bestuurder sê net: “Yep.” Die passasier, nie bereid om op te gee nie, sê: “Dis 'n baie beroemde naam.” Die bestuurder antwoord met: “Ek sou so dink! Ek is al vir 30 jaar hier 'n taxibestuurder.”
* * *
Ons hoor 'n Thaise burger is gearresteer vir renosterstropery. Kortweg sou 'n mens seker kon sê dis 'n Thai Stroop
* * *
My rekenaar by die werk se sleutelbord werk nie lekker nie, want as ek “Home” druk bly ek nog by die werk.
* * * *
As jy in 'n groot groep sit en die enigste een is met jou kop omhoog, is dit nie 'n teken van selfvertroue nie! Jy't nie jou selfoon nie!
* * *
Van BrianB:
Boemelaar val flou voor Nando's. 'n Vrou skree: “Gee hom 'n lemoen, dit sal help!” Boemelaar: “Voetsek man! As ek 'n lemoen wou hê, het ek voor Fruit & Veg flou geword!”
* * *
Baie vra my: “Hoe het jy so ver in die lewe gekom?” Dan antwoord ek: “Ek het geloop.”
~~~~~~~~~~~~~

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie