Lag saam
Swart Vrydag-afslag:
* Spesiale Swart Vrydag-aanbod van Eskom: Fase 8-beurtkrag teen slegs 135% van jou vorige tarief!
* Hospitaalaanbod: 20% afslag op behandeling van beserings wat jy opdoen tydens die winkelstormloop.
* Fantastiese Swart Vrydag-aanbod: Koop niks en spaar 100 persent in elke winkel!
~~~~~~~~~~~~~~~
Uit ons argief:
Van BrianB:
Seuntjie-muskiet: “Mamma kan ek asseblief vanaand na die teaterproduksie toe gaan?” Mamma-muskiet: “Ja, my seun, maar wees asseblief versigtig wanneer die mense begin hande klap.”
* * *
Van GerC:
Er komt een vrouw in een kledingwinkel, zegt ze: “Ik zoek kleding die goed bij mijn gezicht past.” Zegt de verkoopster: “Dat kan mevrouw... ... de plooirokken hangen achter in de winkel!”
* * *
Van DouwevdV:
Jan: “Ik ga visse.” Larie: “Heb je wormen?” Jan: “Ja, maar ik ga toch.”
~~~~~~~~~~~~~~
Eksamenflaters uit die bybelkenniseksamen van Jaco Thom, aangestuur deur ElizmaR:
* Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe (Heidelbergse Kategismus vraag 1)? Antwoord: Dis ’n meisie wat daar anderkant die rivier woon.
* Skryf die Tien Gebooie in enige volgorde neer. Antwoord: 3, 6, 1, 8, 4, 5, 9, 2, 10, 7.
* Wat is die Eerste Gebod? Antwoord: Toe Eva vir Adam aangesê het om die appel te eet.
* Wat is die mense wat Jesus gevolg het, genoem? Antwoord: Die twaalf desibels
* Uit hoeveel dele of tafels bestaan die Tien Gebooie? Antwoord: Twaalf.
* Gee ’n samevatting van die inhoud van elke tafel van die Tien Gebooie (in volgorde). Dankbaarheid, eerlikheid, afguns, jaloesie, haat, vyandigheid.
* Wat is die drie besondere ampte in die NG Kerk? Antwoord: Priester en die pous
~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie