No Image Caption

Lag saam

Van JohanvL:

Ek wil nie meer kamp nie. Geen TV, geen Wi-Fi, geen internet, geen e-pos, geen elektrisiteit. Moet buite vuurmaak vir kos of die gasstoof gebruik. Dit is alles dieselfde as by die huis

~~~~~~~~~~~~

Uit ons argief van Februarie 2013:

Van HermanH, uit Clean Laffs:

’n Nuwe opname het bevind dat die tandemuis 42c minder in 2012 gegee het as in die vorige jaar. Toe kinders dit hoor, sê hulle: “Nee wat, ek gaan hieraan vashou totdat die mark verbeter.” – Jimmy Fallon

* * *

Van HansvdB:

(Afrikaners: at = het geëet)

Een vlees-eter en een mensen-eter zitten met elkaar te praten. Zegt de vlees-eter: “Vroeger at ik graag frikandellen, maar sinds ik gezien heb hoe ze gemaakt worden, vind ik ze maar smerig!” Zegt de mensen-eter: “Ja, dat heb ik ook met mensen!”

~~~~~~~~~~~~~

Wyshede vir die week, uitgespreek deur Ronald Reagan, uit Goodreads en Brainyquote:

* Ek merk op dat almal wat ten gunste van aborsie is, reeds gebore is.

* Tussen die buiteblaaie van die Bybel is die antwoord vir al die probleme.

* Daar is geen beperking aan die hoeveelheid goed wat jy kan doen as jy nie omgee wie die krediet daarvoor kry nie.

---------------------------

Kommentaar

Republikein 2025-04-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer