Lag saam
Van HermanH, uit Clean Laffs:
Die nuwe Florida-wapenwet sal bibliotekarisse toelaat om hulself te bewapen. Nou, in 'n verwante storie, is geselsery in Florida-biblioteke 99% minder. – Conan O'Brien
* * *
Apple se nuwe futuristiese hoofkwartier, Apple Park in Cupertino, Kalifornië, het 'n paar probleme. Die gebou is gevul met soveel helder glas dat werknemers glo in glasmure ingestap het. Ek dink Apple moes nie Windows geïnstalleer het nie. – James Corden
~~~~~~~~~~~~
Van ManuB, uit De Druivelaar:
Twee blondines koop elkeen 'n perd, maar nou sit hulle met 'n probleem:
Hoe gaan hulle die perde uitmekaar ken as die in die veld wei? Hulle besluit om die stert van een van die perde kort te knip. Maar dit werk net vir 'n tyd lank. Later groei die stert natuurlik weer uit. Toe knip hulle die stert van die ander perd korter, maar dié groei toe ook mettertyd uit. Hulle konfereer toe ernstig oor die saak, en die een kom toe met 'n briljante voorstel: “Vat jy die bruine, dan vat ek die swarte!”
~~~~~~~~~~~~~~~
Terwyl hulle op reis is, het 'n bejaarde egpaar by 'n Ultra City stilgehou. Na hulle al 'n ent weg is, kom die tannie toe agter dat sy haar bril op die tafel vergeet het. Boonop kon hulle toe nie dadelik omdraai nie. Sover hulle terugry, kla en kerm die oom oor die moeite wat die tannie hom aandoen.
Tot haar verligting kom hulle uiteindelik weer by die restaurant aan. Toe die tannie vinnig ingaan om haar bril te gaan soek, skree die oom agterna: “Terwyl jy daar is, kan jy net sowel vra vir my kierie en kredietkaart!”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie