Lag Saam (002)
Lag Saam (002)

Lag saam

Uit ’n ou uitgawe van The Wizard of Id:

Generaal aan Poetin: “Hier is my plan B om die Oekraïners aan te val!” Putin: “Nou wat het van plan A geword?” Generaal: “Ons ignoreer dit, want elke keer as ons plan A probeer, moet ons na plan B terugval!”

~~~~~~~~~~~~~

Van HermanH, op FB se skoongrappies dot com:

Kelner, bekommerd, aan paartjie in restaurant: “Is alles in orde? Julle het nog nie julle kos afgeneem nie!”

~~~~~~~~~~~

Eksamenflaters, uit doc.ic.ac.uk:

* Die winter van 1620 was 'n moeilike een vir die setlaars. Baie mense het gesterf en baie babas is gebore. Kaptein John Smith was verantwoordelik vir dit alles.

* Franklin het elektrisiteit uitgevind deur katte agteruit te vryf. Franklin is in 1790 oorlede en is steeds dood.

* George Washington het met Martha Curtis getrou en mettertyd die Vader van Ons Land geword.

~~~~~~~~~~~~

Uit ons argief van Mei 2013:

Hondegrappe van JanniedB:

“Dis mos 'n oulike hond wat jy daar het. Hy is seker ook ’n goeie waghond?”

“Moenie praat nie! By die geringste lawaai in die nag hoef ons hom maar net wakker te maak – en dan blaf hy dat ’n mens hom wie weet waar kan hoor!'

* * *

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!