No Image Caption

Lag saam

Sanet Pearson
Goeie raad van AndriesH, op FB:

Ignoreer die wat jou vet noem. Jy is groter as dit.

~~~~~~~~~~~~~~

Van DriesH, op FB:

As oumense vir jou sê: “Geniet hulle wanneer hulle nog jonk is,” bedoel hulle jou knieë en heupe, nie jou kinders nie.

~~~~~~~~~~~~~~

Uit Wizard of Id, vertaal en effens verwerk:

“En wat het die psigiater toe gesê?” “Hy het gesê ek het die brein van ’n veel jonger man!” “En het jy toe nie vir hom gesê dis juis die probleem nie?”

~~~~~~~~~~~~~~

Van HermanH, op FB:

Radiostem: “U luister na RSG. . .” Blondine aan omroeper: “Hoe weet jy dit?”

~~~~~~~~~~~~~~

Uit Wizard of Id, vertaal:

Staatsprokureur aan koning: “Ek het goeie nuus en slegte nuus, o Koning.” Koning: “Laat ons hoor?” Staatsprokureur: “Die laksman het die verkeerde gevangene onthoof.” Koning: “Wat is dan die goeie nuus?” Staatsprokureur: “Die regte gevangene is onskuldig.”

~~~~~~~~~~~~~~

Van LouisaH:

Ek was gister baie ontsteld toe my vrou sê ons sesjarige seuntjie is eintlik nie myne nie. Sy sê ek moet meer oplettend wees as ek die kinders by die skool oplaai.

~~~~~~~~~~~~~~

Uit ’n ou uitgawe van The Wizard of Id, vertaal:

Tronkbewaarder: “Verrassing! Kreefstert!” Gevangene: “So word ek al weer ingedoen!” Tronkbewaarder: “Waar kom jy daaraan? Dis kreefstert!” Gevangene: “Wie het die res van die kreef gekry?”

Kommentaar

Republikein 2024-12-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 34° Rundu: 20° | 28° Eenhana: 21° | 27° Oshakati: 24° | 29° Ruacana: 21° | 28° Tsumeb: 20° | 29° Otjiwarongo: 21° | 26° Omaruru: 22° | 31° Windhoek: 21° | 26° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 17° | 19° Walvis Bay: 17° | 24° Rehoboth: 23° | 30° Mariental: 25° | 30° Keetmanshoop: 23° | 33° Aranos: 24° | 32° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 23° | 29° Oranjemund: 15° | 26° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 17° | 30° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 18° | 31° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 26° Maputo: 24° | 33° Windhoek: 21° | 26° Cape Town: 18° | 24° Durban: 21° | 29° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 18° | 25° #REF! #REF!