Lag saam
Van AndriesH, op FB:
Ek het vandag ’n fliek van Omo, Surf en Skip gekyk. Dit wasgoed.
~~~~~~~~~~~
Van AndriesH:
Ek is so opgewonde! Ek het ’n geleentheid gekry om na die Wêreldbekeropening in Parys te gaan kyk. Ek wil net graag weet wat is die beste pad? Draai ek af by Kroonstad, of gaan ek tot by Vaalplaza-tolhek voor ek afdraai?
~~~~~~~~~~~
Sekuriteitswenk aangestuur deur PieterB:
Hoe meer jy weeg, hoe moeiliker is dit om jou gyselaar te neem. Bly veilig. Eet koek!
~~~~~~~~~~~~
Eksamenflaters, uit www.doc.ic.ac.uk:
* Samuel Morse het ’n kode van telepatie uitgevind.
* Madman Curie het radium ontdek.
* Wat word bedoel met “bedreigde spesies”? Dit gaan binnekort
doodgemaak word.
~~~~~~~~~~~~
Slimmighede uitgespreek deur Steven Wright:
* Ek het 'n bank gesien wat gesê het “24 hour banking”, maar ek het nie soveel tyd nie.
* Ek het ’n dakvenster in my woonstel geïnstalleer... die mense wat bokant my bly is woedend!
~~~~~~~~~~~~~

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie