No Image Caption

Lag saam

Van HermanH, uit Clean Laffs:

Die dokter lees my uitgebreide mediese verslag deur. Toe kyk hy op en sê: “Jy lyk regtig beter in lewende lywe as op papier.”

* * *

Op FB, van AndriesH:

Ek wens ek was in die weermag. Hoor hulle gaan ’n klomp lede ONTPLOOI. Ek het dit SO nodig!

~~~~~~~~~~

Wat is ’n ‘foreign tubeless tyre” in Afrikaans? Dis ’n buitelandse buitebandlose buiteband.

* * *

Gesien op Afrikaanse grappies en snaakse prente op FB:

Die blondine vermoed sy is swanger. Sy gaan koop toe drie swangerskaptoetse. Al drie wys positief. Sy bars in trane uit: “Ek weet nie hoe ek vir ’n drieling gaan sorg nie!”

~~~~~~~~~~~~~

Kraker: “Ek het al jou wagwoorde!” Ek: “Ag dankie tog! Wat is hulle?”

~~~~~~~~~~~~~

Uit ’n ou Wizard of Id-boekie:

Dokter: “Ek sit jou op 1 200 kalorieë per dag!” Pasiënt: “Sjoe, dokter, ek dink nie ek kan dit doen nie!” Dokter: “Hoekom nie?” Pasiënt: “Ek kan net 500 kalorieë bekostig!”

* * *

Gesien op FB:

Ek is te slim vir die Lotto-mense. Hulle kan nooit my nommers reg raai nie!

* * *

Piet en Koos kom ooreen om mekaar by die bushalte te ontmoet. Piet sê: “Oukei, as ek eerste daar kom sal ek ’n klip op die muur sit. As jy eerste daar kom, haal jy dit af.”

* * *

Thabo en Jacob gaan op ’n valskermkursus. Jacob se valskerm gaan suksesvol oop. Thabo pluk sy valskerm, maar dit wil nie oopgaan nie. Hy pluk sy noodvalskerm, maar dit wil ook nie oopgaan nie. Op daardie oomblik val hy verby Jacob. Jacob skree: “O, dis nou ’n resies, nè!” en hy pluk sy valskerm af.

* * *

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!