Issaskar Kapuka
Issaskar Kapuka

Langnaweek se sorge

Sê maar net 30 jaar gelede
Mandy Rittmann
Issaskar Kapuka – Was ek darem bly toe die langnaweek verby is! Dis nou omdat dit beteken het dat almal weer ’n slag in die tuig gaan wees en nie net die arme nuusmense vir wie so ’n naweek niks anders as enige ander dag of naweek is nie.

Vir my was dit wonderlike nuus, maar toe moes ek hoor dat daar diegene is wat nou daaraan dink om met verlof te gaan om “sekere onafgehandelde take klaar te maak”.

Nee wat, ek kan my nie vereenselwig met die redenasie dat langnaweke nie daar is om te werk nie, maar fees te vier, te rus en te moor! Verbeel jou...

Diegene wie se werk nie “met vakansie” gaan nie, sal maar verlief moet neem met die feit dat daar nog altyd openbare vakansiedae sal wees waarop hulle moet swoeg. In Namibië wemel die eerste helfte van die jaar van vakansiedae en feesvieringe.

Ek het nou begin om ons werks-vakansiedae te tel terwyl ek vanweë ’n kroniese geldtekort ’n volle week aan die gang bly om my maag vol te hou. Dié en ander gedagtes het by my opgekom nadat ’n vriend my daarop gewys het dat ons aanstaande maand nog baie vakansiedae het waarop ’n man nog ’n paar rande (néé, Nam dollars!) kan spaar. Min weet hy dat dinge vir ’n joernalis heel anders en omgekeerd werk. Dié dae waarop ander mense vakansie hou, moet ons in die tuig wees om aan die volgende uitgawe te werk sodat die hoofsaaklik vakansie-deurdrenkde publiek op hoogte van plaaslike en wêreldgebeure kan bly.

Ek het al van lesers gehoor wat sê hulle hoef hulle nie te bekommer oor wat oor ’n naweek in die wêreld gebeur nie, want daar is tog Die Republikein met sy kraakvars nuus. Maar vriende, hoewel dit waardeer word, kos dit ’n gekners van tande en ’n gemurmurering onder joernaliste om by te hou met al die gebeure.

Neem nou wat dié langnaweek met my gebeur het. Ek en twee vriende kies ons eie nasionale rampartytjiespan met die besliste voorneme om die dorp op horings te neem en ons gate-uit te geniet. ’n Skok tref ons toe ons besig was om “stof te maak”. By ’n bekende dansplek het iets gebeur wat die koerantnuuskierigheid in my wakker gemaak het.

Wat as ’n gewone stryery tussen ’n groep jong mans begin het, het later in ’n aaklige messtekery met noodlottige gevolge ontaard. ’n Sokkerspeler wat ek baie goed ken, het deel van die langnaweek se sterfte-statistieke geword.

Ek het koud geword – nie as gevolg van die koue nie, maar oor die wreedheid waarmee die jong man sy mes uitgehaal en gebruik het. Nou weet ek dat dit is hoe baie van ons jong mense hulle oor naweke “vermaak”: deur hulle bandeloos te gedra en ander se lewens te neem.

Ek is liewer ’n bang Sas as ’n dooie een en hierdie soort uithangplekke sal my (so hoop ek) vir ’n lang tyd nie sien of my dollars kry nie. Daarvoor werk ek darem te hard.

Ek simpatiseer ook met niemand nie, maar wanneer ek daarvoor lus voel, gee ek my honderd persent-steun!

Tot dan, cheers! – 7 April 1994

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!