Ledigheid is die duiwel se oorkussing
In ons land (en elders) is baie mense wat jou geld skuld en veral skelms asook swendelaars so glibberig soos ’n paling. Jy kry ook glyjakkalse en flaai baai nites wat ongesiens onder die dekmantel van die nagskaduwees hul professie skaamteloos soos ’n paling bedryf.
Hulle aand- en oggendpraatjies is nooit dieselfde nie en hulle is beslis mense met twee gesigte. Ek glo ook dat hulle geriefliksheidshalwe op die draad sit en doekies omdraai. Dat hulle tweegatjakkelse is, is nie te betwyfel nie.
Glyjakkalse, palings, flaai baai nites en ander derglike identiteite sal beslis nie in enige gehoorsame landsburger se goeie boekies wees nie, want jy sal net weer ’n gat in die kop gepraat word.
Hulle is verseker ongure karakters met twee gesigte wat ongevraagd van êrens aangewaai gekom het om iemand se lewe te ontsier. Met hulle sal g’n mens hond haar af maak nie.
Mense sal hulle met die nek aansien en skeef aankyk, of is dit nou aangluur en net hul koppe in ongeloof skud? Hulle is ’n steen des aanstoots vir die gemeenskap
Of ‘n paling ooit die aap uit die mou gaan laat, is hoogs te betwyfel en sal van mening wees dat jy die aap aan die stert beet het. Al dra ’n aap soos ’n paling ‘n goue ring, bly dit ’n lelike ding. Al wat sal help is om dié tipe mense die aapstert te gee.
Gewoonlik val die paling se appel nie té ver van die boom af nie en dis dikwels ’n geval van aartjie na sy vaartjie. Lieg en bedrieg is hoog op die agende en hul achilleshiel.
Hulle is verseker op die afdraende pad, agteraf, het agterbakse gewoontes en hou die agterdeur oop. Al maak die vere nie die voël nie, kan mens hulle skaamteloos op die baadjie trakteer, want geen een van hulle sal ooit die baadjie uittrek of die moue oprol nie.
Jy sal gereeld die bal met hulle misslaan, want palings is deur die bank glibberig met bekpraatjies. Al sit ’n paling sy beste voetjie voor, sal geen mens been-af op hulle word nie.
Jy sal berge moet versit om die kalf uit die put te red, maar of jy ’n paling hok kan slaan, is ’n ander storie. Al sit ’n paling sy beste voetjie voor en slaan ’n nuwe blaadjie om, sal hy nooit hoog aangeskrewe wees nie.
Mense kan dalk te gou boedel oorgee en die bobbejaan agter die bult gaan haal, maar onthou net sy boekie is vol. Dit help nie om ’n bok op die muur te wees nie, dit is beter om die bul by die horings te pak.
Al dink jy ’n paling het heel moontlik nie al sy varkies op hok nie, help dit nie om sy sondes oorboord te gooi nie. Sy gedrag kan jou teen die bors stuit en jou rooi om die kraag maak wanneer jy om die bos gelei word.
’n Klip sal blom, maar botter sal nie in ’n paling se mond smelt nie. Veral nie wanneer hy mooi broodjies bak en boonop die brood uit jou mond neem nie.
Nou gaan die poppe dans, sal jy dink wanneer die paling ten einde laaste sy Moses teëkom, maar hy sal opnuut iets uit sy duim suig om jou om die bos te lei.
Elke gek het sy gebrek, maar moenie dat jy ’n rat voor die oë gedraai word nie, want jy sal net weer vir die gek gehou word. Wys eerder vir Paling waar Dawid die wortels begrawe het. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie