Leef gesond en geniet dit!
My duim gly oor die skerm en een na die ander kom ek op Instagram-fiksheidsghoeroes af wat spog met “six packs” en gespierde arms.
Ek het lank terug reeds besef ek is in beheer van dit waaraan ek op sosiale media blootgestel word.
Ek kan kies wie ek wil volg en wat ek sien. As ek iets sien waarvan ek nie hou nie – “unfollow” ek – sonder om eers twee keer te dink, want ek gaan nie ’n slagoffer van sosiale media word nie.
Ek gee nie sosiale media die mag om jaloesie of onsekerheid in my aan te wakker nie.
Ek volg talle profiele van mense wat wenke, oefenprogramme en resepte deel. Ek beskou dit as ’n hulpbron en hoewel ek nie alles kan benut nie, kan ek baie van dit in my eie lewe implementeer of toets om te kyk of dit wel werk.
Ek besef egter talle mense het ’n wanindruk oor wat werklik gesond is as dit by oefening en eet kom. Ek dink daar is een baie belangrike ding wat mense vergeet – om maer te wees, is nie gelyk aan gesond wees nie. Dieselfde geld vir gespierde mense. Net omdat hulle liggame goed lyk, beteken dit nie hulle is gesond nie.
Vat ’n liggaamsbouer as ’n voorbeeld. Dit is tog nie normaal om ’n liggaam met knop op knop te hê of are wat lyk of dit uit jou vel wil bars nie. Sulke atlete druk hulle liggame tot die uiterste. As dit jou mikpunt is om Mnr. Olympia te wen, dan is dit wat jy moet doen, maar andersins is daar geen rede om jouself tot daardie mate te druk nie.
Meeste van ons is normale mense wat probeer om genoeg oefening te doen en gesond te eet met ’n bederfie elke nou en dan. Meeste van ons werk voltyds en kan nie ure in die gimnasium deurbring nie en kom saans moeg by die huis aan en maak kos wat vinnig en maklik is.
Ons sien wel foto’s op sosiale media en dit kweek ’n gevoel van ontevredenheid oor onsself en hoe ons lyk. Natuurlik moet ons altyd streef om die beste weergawe van onsself te wees deur tyd te maak om te oefen en bewustelike besluite te neem as dit kom by wat ons eet.
Ek is egter oortuig daarvan dat ons doelwit gesondheid moet wees en nie die gevreesde syfer op die skaal nie.
Ons moet kos eet wat ons die energie gee om die dag aan te pak en geen “calorie deficit diet” gaan dit doen nie. ’n Bitter, swart koffietjie gaan jou nie deur die oggend kry terwyl jy wag vir 12:00 om uiteindelik te kan eet as deel van jou vas-skedule nie.
Dit werk dalk vir ’n week of twee, maar is dit regtig volhoubaar? Wat is die impak daarvan op ons verhouding met kos?
Ek weet nie van julle nie, maar as ek myself probeer beperk, dan het dit gewoonlik die teenoorgestelde uitwerking. Ek begeer dit wat ek nie mág eet nie en voel skuldig wanneer ek aan die versoeking toegee.
Die uitwerking daarvan op my psigiese gesondheid, my bui en algehele geluk, is reusagtig. Is dit regtig die moeite werd? Ten koste van wat?
Ons almal moet streef om die beste weergawe van onsself te wees, maar eet kos en doen oefeninge wat jy geniet. As jy nie daarvan hou om te draf nie, probeer fietsry. As jy nie gewigte wil optel in ’n oorvol gimnasium nie, probeer swem of joga of pilates – probeer verskeie soorte oefeninge. Dit gaan dan nie soos werk voel nie, en jy gaan daarna uitsien en waarskynlik nie so geneig wees om dit te mis of uit te stel nie.
Eet en oefen om gesond te wees en laat vaar jou idee van ’n perfekte lyf. Jou idee is elk geval gebaseer op die geposeerde foto van iemand wat heeldag geoefen het en tien teen een ook te veel druk op hulself plaas om goed te lyk om duisende “likes” op Instagram te kry.
Voed jou liggaam en beweeg hom gereeld. Eet en oefen asof jy lief is vir jouself.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie