Lees gedagtes en leef
Sê maar net 30 jaar gelede
Darem maar wonderlike voertuie wat ’n mens deesdae kry! Die goed het so verander dat ek soms wonder of ek nie soos ’n Rip van Winkel van ouds iewers aan die slaap geraak en vergeet het om wakker te word nie.
Neem nou net al die voertuie wat deesdae met sulke oranje/gelerige liggies op die mark kom. Vroeër (voor ek in my Rip van Winkel-slaap verval het) is dié liggies flikkerligte genoem. Deesdae sit die liggies steeds op dieselfde plek, maar dien hulle blykbaar ’n ander doel.
Eers het ek gedink dit is dalk asbakkies wat vir ’n strawwe roker soos ek pasella aan die voertuig gesit is.
Ná so ’n paar draaie in Windhoek se strate het ek egter gou besef dat motors blykbaar ook soos die mode al hoe blinker geword het en dat die liggies eintlik ornamente is.
Blykbaar is ’n lemoen soos dié wat Kosie van Ben, Babsie en Familie-faam in Rapport-Tydskrif altyd op sy motor se lugdraad het, lankal uit en is die in-ding nou dié gelerige liggies.
Tesame hiermee het verkeersreëls blykbaar ook verander, want behalwe die feit dat die gelerige liggies nie meer vir flikkerligte gebruik word nie, sien ek ook nie dat bestuurders handseine gebruik nie. Miskien is ek agter die klip en het daar in die tyd wat ek geslaap het ’n nuwe uitvindsel op die mark verskyn waar bestuurders deur middel van telepatie met mekaar kommunikeer sodat die een weet wat die ander gaan doen.
As ek egter na al die ongelukke in Windhoek kyk, is dié vorm van verkeerskommunikasie nog nie heeltemal deur die maalsteen nie.
Nog iets wat ek nie mooi onder die knie kan kry ná die lang slaap nie, is hoe die lorries van destyds verander het. Vroeër is ’n lorrie (groot of klein) erken aan sy bak wat binnekant hol was en waarop goed gelaai kon word. Deesdae sien ek het die lorries kappies gekry en word die vrag bo-op die dak gelaai. Ek dink die kenners praat vandag van minibussies.
Ek het juis Vrydag op pad na Walvisbaai, waar ek Welwitschia se rugbydag moes bywoon, ’n noue ontkoming met een van dié nuwerwetse bakkies gehad.
Een van die goed het teen ’n aansienlike snelheid voor my gery met sy gebruiklike plastiese waterkanne aan die sykant van die dak vasgemaak. Net toe ek wou verbysteek, raak die kanne los dat jy net plastiek sien waai. Gelukkig vir my was ek uit die pad van die kanne, anders was my voorruit in sy &*@$#.
Nou wonder ek net of die gemoedelikheid van destyds ook intussen verander het. Sou die bestuurder my voorruit betaal het as die in sy dinges was of sou ek maar weer my paar sentjies moes gebruik om darem te keer dat die torre my nie des dinges vlieg as ek op die pad gaan nie?
Ja-nee, die wêreld het beslis verander en daarmee saam my humeur ook. – 3 Maart 1992

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie