Liefste
Net ’n bietjie meer as twee weke gelede het ek die groot voorreg en genade gehad om myself aan boord van ’n vliegtuig op pad Duitsland te bevind saam met my klein neef, Calvin Gertze. Ah, ons is tog mense van mekaar. Ek sukkel bitter met die angs as ek so op reis gaan, so om met jou eie te kan vlieg, is altyd ’n seën.
Gesels-gesels is ons deur die Hosea Kutako-lughawe en word omtrent op die hande gedra, want Calvyn ken mos vir al wat ’n mens is.
Dit was ’n bestiering dat ons sitplekke langs mekaar kon kry. Maar dit was die minste van my worries, my grootste vrees is dat Calvyn homself op die vliegtuig se pad sal neergooi en oor Rehoboth en sy “mamma” begin te skrou, want is mos bitter lank voor hy weer huis toe kom.
Hy sit ons toe darem nie in die oe nie, en uiteindelik kry ons ons sit, kiertsregop langs mekaar en begin te kuier soos asof ons by ’n deurnagdiens op Rehoboth is.
Al probleem is dat die tee- en koffiedienaars vir ons snoep met die koffie. Ons sal mos nie so kan deurnag nie. G’n kondensmelk met ’n krisementblaar nie, elkeen kry net ’n lekseltjie koffie met ’n druppel melk (in sulke klein plastiekhouertjies wat net so groot soos ’n bouer se duimnael is).
Maar dit keer ons nie om land en sand oor Block C en Echo te gesels en te verneem na heelparty mense nie. Die hele aand gesels en geskatterlag ons oor die bittersoet van ons Rehoboth-kinderjare.
Met al die gekekkel het ook heeltemal my Entres-druppels vir die angs vergeet, maar die angs is ook heel vergete want ons bly diep in gesprek en wil kort-kort dood van die lag – want onse mense het mos lekker stukke op Rehoboth.
Ek probeer kort kort die lag inhou, maar dan besef ek gou dat Pastoor Diertjie mos nie naby is om die seën oor my uit te spreek as ek nou moet die dood aanskou. Dan lag ek maar uit my maag uit.
Soos twee Metodiste biduurtantes is ek en Calvyn met ons moeë bene in donskombersies toegedraai. Na ’n lang ruk van gesels, het ek vir myself ordentlik met ’n bietjie Puma-balsem ingesmeer om die krapperigheid in my keel te kalmeer en skuins gelê in die min sitplek. Met ’n moeë “gôinaand’ gooi Calvyn hom ook skuins om te kan slaap. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie