No Image Caption

Ligte, kamera, Namibië!

Gerine Hoff
Die baas stuur oor die naweek ’n YouTube-skakel na ’n lokprent oor ’n nuwe film wat in Namibië geskiet is.

Vir die oomblik heet dit Drunk have whiter teeth [sic] en al is dit ’n hartseer verhaal eerder as oor die mooi van die land, is dit wonderlik om te sien hoe fliek-vriendelik ons land is.

Die fliek sluit aan by ander internasionale rolprente soos Mad Max: Fury Road (2015) met Tom Hardy en ons “buurvrou” Charlize Theron; The Cell (2000) met Jennifer Lopez en Vince Vaughn; The Flight of the Phoenix (2004) met Dennis Quaid en Giovanni Ribisi; 10 000 BC (2008) met Roland Emmerich as regisseur; en The Village (2004) met M. Night Shyamalan as regisseur met Joaquin Phoenix in een van die hoofrolle.

Daar is natuurlik heelwat ander – en sommer baie dokkies – veral nou met ons eie akteurs en regisseurs soos Hairareb en The White Line wat nou ook internasionaal vir hulself naam maak. En daar is heelwat meer wat op die oomblik op DStv te sien is.

Maak mens sommer trots!

Ons sal wil glo Namibië kan binnekort ’n klein Hollywood (Namiwood?) wees. En hoekom dan nou nie?

Ons het die beste natuurskoon. Die landskappe hier wissel van die mooiste rooi duine van die Namib, tot die wit vlaktes van die Etosha, en die lowergroen van die noordooste.

Dan is ons ook ’n land wat oorvloed het aan kultuur: Van die unieke Himba-mense tot die San; elke kultuurgroep skep sy eie vibe!

Gelukkig geniet buitelandse vervaardigers en filmmakers die ondersteuning van die Filmkommissie en goeie infrastruktuur en die ouens (en vrouens) met hope talent wat weet wat hulle doen wanneer dit by skietwerk en meer kom.

Vir die National Geographic-mense is ons land ’n paradys. Hoekom anders sou iemand soos Will Smith hier kom “kuier”? Daar is woestynaangepaste olifante, leeus, renosters – noem dit maar op, ons het dit en die diere-akteurs speel hul rolle af teen die agtergrond van ons ongerepte landskappe.

Dan is ons ook nog in die bevoorregte posisie dat ons nie lig- (en lug-) besoedeling het nie. Geen wonder dat sterrewagters graag hierheen kom om die mooiste skietwerk, veral vir agtergronde, hier te kom doen nie.

Nog ’n trekpleister is dat dit eintlik maklik is om in Namibië te kom wat logistieke drama (ha-ha) amper heeltemal uit die wegruim.

Beste van als, vir die bekende internasionale gesigte wat hier wil kom kuier, maak Namibiërs regtig nie veel van ’n ophef oor hulle nie. Ek onthou nog hoe ek 13 jaar gelede vir Angelina en Brad (toe hulle nog saam was) in Checkers by Maerua Mall raakgeloop het. En niemand het ’n groot storie daarvan gemaak dat die sterre in ’n supermark rondloop en shop nie.

Daar is nog legio ander redes wat van Namibië ’n spesiale plek maak om jou film te kom skiet. So, ja, Hollywood – ons wag vir julle!

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-01-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 21° | 24° Ruacana: 21° | 26° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 15° | 25° Omaruru: 18° | 28° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 19° | 29° Mariental: 22° | 31° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 33° Lüderitz: 17° | 24° Ariamsvlei: 28° | 39° Oranjemund: 16° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 30° Maseru: 19° | 32° Antananarivo: 15° | 30° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 35° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 19° | 24° Durban: 22° | 30° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!