Lyk my ons hou daarvan om te sukkel
Wat is daardie stukkende item in jou huis wat almal net aanvaar en mee saamleef, ten spyte van hoe irriterend dit mag wees? Ek voel elke huishouding het ten minste een.
Ons is al so “gewoond” daaraan dat ons die situasie net aanvaar en aanhou om te sukkel en elke dag net ouer en gryser word – definitief nie ouer en wyser nie.
Ek sal begin. Ons skuifdeur se slot was vir omtrent ’n jaar stukkend. Gelukkig bly ons in ’n woonbuurt waar jy dit nog kan waag om jou deure en vensters oop te los. Op 'n dag kom help iemand ons om iets in die huis reg te maak en ek vra hom om asseblief na die slot ook te kyk. Ek dink dit het hom vyf minute geneem om die slot reg te maak en hier dink ek ek sal ’n nuwe slot moet koop. Of vloerteëls wat soos “magic” net vanself opgelig het. Moenie vra nie, as ek die telers in die hande kry, mag ek dalk ’n paar woorde kwytraak. Ná omtrent ook ’n jaar het iemand my uiteindelik gehelp om die teëls weer te lê. Ek kan nie ophou om na die “nuwe” teëls te kyk nie. Of toe ons oond stukkend was. Ons het ook vir lank sonder ’n oond klaargekom. Vandat die oond weer reggemaak is, gebruik ek hom aanhoudend.
Ek het op Google op ’n paar kommentare afgekom wat nogal snaaks is. Ek dink die rede hoekom dit snaaks is, is omdat ons almal so ’n “irriterende” item by die huis het, maar ons doen niks daaromtrent nie.
Yebbie sê hulle het ’n driebeen-Henry Hoover en wanneer iemand stofsuig, hoor jy klapgeluide en ’n gevloekery soos die stofsuier elke paar sekondes omval. Die situasie gaan al vir vyf jaar so aan en eerder as om die stofsuier te vervang, het hulle begin om Henry te aanvaar soos hy is.
Mogloveseggss sê in hulle huis is dit ’n viersny-broodrooster wat net aan die een kant werk. Dit kan seker nogal frustrerend raak.
Iemand anders sê weer alles. Van die koue stort, die druppende kombuiskraan, die pleister wat van die muur afval en die voorkante van die laaie wat afval as dit oopgemaak word.
Of ’n badkamerlig wat met ’n toutjie werk. Die persoon moet die tou tussen 1 en 500 keer trek voor die lig aangaan.
’n Oonddeur wat toegeslaan en met ’n kombuisstoel toegedruk moet word.
Die ander persoon het ’n soplepel met ’n halwe handvatsel. Die boonste helfte het afgebreek. Hulle het ’n nuwe een gekoop, maar almal gebruik steeds die gebreekte een.
Of ’n skottelgoedwasser wat net oopgemaak kan word deur aan die kant van die deur te trek aangesien die handvatsel gebars en afgeval het. Of as net twee plate van jou vierplaatstoof reeds vir meer as twee jaar stukkend is. En laastens die toiletsitplek wat rondbeweeg en jy kry dit nie vasgemaak nie. Lyk my die “struggle is real”.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie