Maak mooi planne vroeg
Sê maar net 30 jaar gelede
Gene Travers – Kersfees lê om die draai en dit is dan ook nou die tyd wanneer die ergste druk vanjaar so effens begin afneem en mense meer gemoedelik teenoor mekaar begin voel.
Baie mense het ook al deur winkelvensters begin loer vir geskenkies om geliefdes mee gelukkig te maak en genoeglike byeenkomste word beplan.
Sommige ondernemings het reeds partytjies vir hul werknemers aangelê en mammies is besig om hul spyskaarte vir die groot dae uit te werk.
Mense kom oor die algemeen meer hoflik voor en selfs my ou vriend Constant wissel al so af en toe ’n paar vriendelike woordjies met my.
Nou het ek gewonder of alle Namibiërs nie vanjaar hul Nuwejaarsvoorneme vroeg wil neem en dadelik begin toepas om sodoende die feestyd vir een en almal plesierig te maak nie.
Ons kan byvoorbeeld almal onderneem om minder nalatig te bestuur en nie van die verkeerde baan voor ander motorryers in te swaai en hulle dan te vloek of vuis te wys as hy vir jou toeter druk nie.
Ons kan onderneem om nie in bank- en winkeltoue voor ander mense in te druk en hulle met geweld te dreig as hulle dit durf waag om te kla nie.
Ons kan onderneem om nie ou mense en toeriste in die middestad aan te rand en te beroof nie om sodoende hulle Kerstyd ook aangenaam te maak.
Ons kan onderneem om nie op sypaadjies te spoeg en ander mense met geweld uit die pad te skouer nie.
Ministers en adjunkministers sowel as ander hooggeplaaste amptenare kan minder oorsese reise en onthale beplan om so ’n bietjie gemoedsrus oor die land se ekonomie te bring.
Staatsamptenare kan ’n bydrae lewer deur hul Kersinkopies met hul private voertuie te doen en die Falcon kan ook maar vir ’n rukkie “geground” word.
Ons kan ook onderneem om nie by mekaar se huise in te breek en mekaar se voertuie te steel nie.
Niks kan ’n mens se feesgees so demper as wanneer by jou huis aankom en vind dat jou deur oopgebreek is en jou besittings is gesteel nie.
Verder kan ons onderneem om ons nie aan drank te vergryp, mekaar met messe te steek, aan te rand, vermoor en vroue te verkrag nie.
Ons kan onderneem om gedurende die vakansie ons stede, dorpe, vakansieoorde en strande skoon te hou deur nie rommel te strooi en staatseiendomme te beskadig nie.
Ek glo dat sou elke Namibiër net ’n paar van die ondernemings soos hierbo uiteengesit by sy Nuwejaarsvoorneme insluit ons sommer ’n baie lekker Kersseisoen tegemoet kan gaan.
Ons kan ons land in ’n paradys omskep. – 11 November 1992

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie