‘Man down’
Allerlei siektes, verkoues en griepe loop die afgelope paar weke rond, met vriende, familie en kollegas wat amper almal al deurgeloop het. En nee, dis nie die groot “C” waarmee ons al verveeld is nie; dis regtig net ander kieme.
Lyk my die afgelope twee jaar se afsondering en aanhoudende “sanitising” eis nou sy tol omdat ons nie meer veel weerstand oor het teen “gewone” kieme nie. Net my beskeie mening, hoor!
So twee weke gelede maak ons reg om saam met vriende vir die langnaweek weg te breek. Terwyl ons beplan, sê my vriendin sy het die vorige Sondagaand ’n draai by ongevalle gemaak want dit het gevoel of sy wil omkap. Nee, sê die dokter, dis ’n keelinfeksie.
Daardie Woensdag terwyl ons Suide toe ry, voel dit asof die kieme langs die motor draf. Op die plaas aangekom, sit ek en my maat en bibber onder komberse en ponchos langs die vuur om ’n bietjie hitte te kry. Nie omdat dit so koud is nie, maar omdat ONS so koud kry!
Toe ek uiteindlik beter begin voel, toe tref wat ook al ek gehad het, vir manlief. Gelukkig kry hy nie sommer “man flu” nie. Nee, hy “self-medicate” en oorleef heel goed.
Dis ook nie lank daarna nie en my kollegas word een na die ander platgetrek deur een of ander virus/bakterie wat hulle oorval.
Van ons kuskantoor deel Otis sy raad oor watter medisyne die beste is. Kort voor lank moet hy self ook weer in die bed klim.
’n Ander kollega se dokter vertel haar hy hoef nie eens te toets vir wat sy het nie, hy kan sommer sien dis varkgriep wat volgens hom die hele stad vol is. Maar daar’s geen rus vir haar siel nie; haar twee kleintjies het dit ook. Sy oorleef die naweek, maar teen Sondagaand is ouboet só siek, hy beland in die hospitaal.
’n Ander vriendin vertel my Maandag sy en haar man het oor die naweek ook begin siek voel. Terwyl sy terug op haar pos is – al voel sy nog nie 100% nie – is haar man “man down” (met ’n baie erge geval van “man flu”). Terwyl ons praat is hy nog steeds in die bed waar hy lê en kreun, terwyl sy moet rondskarrel vir warmwatersakke en hoendersop moet aandra.
Maar blykbaar raak mans regtig sieker (of tree veel sieker op) as vroue, al maak ons grappies daaroor.
Sommige navorsing bewys blykbaar dat mans en vroue se immuunselle verskil en dus ook anders op kieme en virusse reageer. Daar is studies wat sê mans het swakker immuunstelsels, veral wanneer dit by algemene infeksies kom, wat beteken mans is meer vatbaar daarvoor, hulle simptome is erger, en hulle bly ook langer siek.
Dan is mans ook meer geneig om in die hospitaal te beland – wanneer hulle uiteindelik besluit hulle het mediese hulp nodig.
Aan die ander kant bewys ’n ander studie vroue is geneig om beter op ’n griepentstof as mans te reageer, dalk omdat mans se hoër testosteroonvlakke waarskynlik hul immuunrespons onderdruk.
Dis seker erg dat mans gestereotipeer word om verkoue- en griepsimptome te oordryf. . . Geen wonder die hele wêreld se vroue-bevolking weet wat “man flu” is nie, ongeag waar in die wêreld jy bly.
Tot volgende keer, bly warm en bly gesond.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie